Vermon…
1071 woorde
Met sy hemelvaart het Jesus die risiko geloop om vergeet te
word.
Hy het self daarna verwys met die volgende
gelykenisse: die eienaar wat sy woonplek
verlaat en op reis gegaan het en al sy besittings in die hande van sy kneg
agtergelaat het; die bruidegom wat so lank talm om te kom dat al tien die
strooimeisies aan die slaap raak; die baas wat talente (= goue muntstukke) aan
sy knegte uitdeel en vertrek na ‘n ver land toe.
Met hierdie gelykenisse het Jesus die vraag van ons tyd:
Waar-is God-dan-nou-vandag?, vooruit beantwoord.
Mense soos Friedriech Nietzche, Sigmund Freud en Albert
Camus en Samuel Beckett het op hierdie vraag geantwoord: The landlord has abandoned us. En wanneer dit waar is dat daar geen God meer
hier – of elders - teenwoordig is nie, dan is alles toelaatbaar – soos Fyodor Dostoevsky
sê.
Jesus se gelykenisse aangaande die ‘afwesige God’ verwys
juis na die eeuelange tydperk tussen sy hemelvaart en sy wederkoms.
Wanneer ons nie God se teenwoordigheid op die aarde raaksien
nie – en daarom dink Hy het ons verlaat -
is dit omdat ons dalk op die verkeerde plekke kyk…
Mens kan ook sê: Hy is nie afwesig nie, Hy het Homelf
vermom.
Hy sê immers self: die goeie
daad aan ‘n onwaarskynlike vreemdeling, aan ‘n arm man, aan een wat honger is, een
wat in die gevangenis is, of ‘n sieke en uitgeworpene persoon van die
samelewing – is goeie dade wat aan Homself betoon is (Matteus 25:40).
Jesus is vandag hier teenwoordig in die vreemdeling wat jy
raakloop, die bedelaar by die winkelsentrum, die honger straatvrou by die
verkeerslig, die siek man wat by jou tuinhekkie vir ‘n geldjie of broodjie vra,
en ja – Hy is teenwoordig in ons gevangenisse as die mense wat ons nie meer
tussen ons wil ontvang nie…
Baffling
disguise… Onherkenbaar?
Die Jode van die eerste eeu het Hom ook nie
herken nie. Al het hulle die legkaartverduideliking
van sy leer en lewe in die OT opgeteken gehad.
Dit lyk my ons doen in ons dag nie veel beter as die Jode
van destyds nie…
Babas word in ghettos gebore, derduisende mense is in hospirale, in tronke en in vlugtelingkampe en leef op staat in ons stede as haweloses.
Jesus het geweet die wêreld wat Hy gaan agterlaat sal sulke
mense hê.
Sy korrtermynplan was om diesulkes in die hande te laat van
diegene aan wie Hy opgelei het om uiteindelik die bevryding van die kosmos in
te lei. En Hy het die voorbeeld vir sy volgelenge gegee deur Homself oor die uitgeworpenes
en die sondaars te ontferm.
Jesus is hemel toe sodat ons sy plek hier kan inneem. Maar
intussen werk Hy nog steeds hier. Saam
met ons. Maar vermom.
Sy langtermyn plan is om met krag terug te keer om die
planeet aarde eens en vir altyd reg te ruk. En in ooreenstemming te bring met
God se oorsponklike plan.
Maar helaas, baie, baie van sy mense mense draai om en
begrawe die talent of raak aan die slaap of mors die Eienaar se besittings op –
en dan sien die wêreldlinge net die skaduwees wat die Lig bring en nie die Lig
self nie…
En eintlik moet hulle vir Christus in ons sien (2 Korinthiërs
13:5; Galasiërs 4:10; Kolosensse 1:27).
Dis deel van Jesus se plan.
Die Jode van Jesus se tyd wou nog altyd ‘n sigbare
koninkryk gehad het: een wat sorg jy het genoeg om tee et, ‘n goeie werk, ‘n
sterk weermag om invallers in toom te hou.
Jesus het egter ‘n koninkryk aangekondig wat vereis jy moet jouself verloën, jou kruis opneem en Hom volg; een waarin jy al jou goed moet weggee en jou vyande moet liefhê.
Soos Jesus meer besonderhede oor sy koninkryk gegee het,
het die massas se verwagtings verkrummel…
Hy het selfs verduidelik sy koninkryk kom met ‘n krag wat
weerstaan kan word: dis nederig en sonder obstruksies en bestaan en groei te
midde van die boosheid romdom dit (in die gelykenis van die koring en die
onkruid).
Patriotiese Jode wat die wet van Moses geken het, was nie
beïndruk nie.
Hy het immers verklaar dat die onderdruktes geseënd is, en
het hulle nooit operoep tot opstand en revolusie nie of om hulle slawejukke met
geweld af te gooi nie. Ras. Velkleur.
‘n Dief aan ‘n kruis. ‘n
Owerspelige vrou of man. Selfs hulle almal is welkom in sy koninkryk. Ondenkbaar vir wetsgehoorsames…
In die koninkryk van Jesus word ek opgeroep om die vrou
lief te hê wat sopas by ‘n aborsiekliniek uitgestap het, ‘n vrou wat vyf mans
gehad het, moet ek liefhê, ‘n dief wat aan ‘n kruis sterf moet ek liefhê. Die boemlaar wat besig is om ‘sy lewe hier op
te mors’, moet ek liefhê. Sonder voorwaardes. Soos Hy met my maak.
Die mens self is in Jesus se koninkryk belangriker as enige
etiket - of enige sonde…
Die koninkryk van God roep my op om die man wat besig is om
aan HIV-VIGS te sterwe, lief te hê. Die koninkryk van Jesus se grondwet vereis
dat ek die welaf grondeienaar wat die natuur verniel, sal liefhê. Die koninkryk van God roep my op om die seun
of dogter wat hulle rug op hulle ouers draai, lief te hê.
Indien ek sulke mense nie werklik kan liefhê nie, moet ek
myself afvra of ek dan die evangelie werklik reg verstaan het…
Politieke partye trek grense tussen mense en bewegings en
maak onderskeidings en kondig oordele aan oor diegene wat anders as hulle
beleid dink.
Jesus se koninkryk sny die grense tussen mense en bewegings
deur, dit transendeer onderskeidings en deel genade uit. Onverdiend. Politieke partye
loop die risiko om die mantel van mag vir hulleself om te hang. En so word liefde - die hart van Jesus se koninkryk - versmoor.
Enige aktivisme mag nooit die waardigheid van die mens (wat
na die beeld en gelykenis van God geskape is) en liefde vir God en jou naaste,
uitdryf nie.
Indien wel, verraai jy die Koning en die koninkryk van
God.
En daar kom ‘n dag wanneer ons almal voor die Koning self
sal moet antwoord oor wat ons gedoen het toe Hy ‘vertrek het na ‘n ver land’.
Omdat ons nie sy vermomming herken het nie, is dit nie vir
ons ‘n verskoning wees nie…
Gebaseer
op
1995. P. Yancey.
The Jesus I never knew. Grand
Rapids, Michigan. Zondervan Publishing
House.