Thursday, 23 May 2019

Van slawe na vriende...

913 woorde
"Ek noem julle nie meer diensknegte (doulos = slaaf/bondslave) nie, omdat die dienskneg nie (ou = absolute negatief = glad nie/nooit niks) weet wat sy heer (kurios = heer met hoogste [supreme] gesag)  doen nie. Maar Ek het julle vriende (philos = vriend; associate) genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend (gnorizo = bekendgemaak; verklaar; gegee om te verstaan) gemaak het" (Johannes 15:15).

Hierdie uitspraak van Jesus het my lank besig gehou.  

Ek het dit beter begin verstaan toe ek agtergekom het God het met die verskillende verbonde wat Hy deur die OT en NT deurgaans die Suseriaan Verdrag se formaat, wat algemeen voorgekom het in die Antieke Ooste, gebruik wanneer Hy verbonde met mense gemaak het. Hier volg wat ek geleer het:

In die Antieke Nabye Ooste het konings dikwels met mekaar verdrae gesluit.  Voorbeelde hiervan is in die Mari Tablette en in die Amarna Tekste bewaar.  Die verdrae het meestal gehandel oor die grense van hulle grondgebied, die handhawing van handelsooreenkomste en wat om met slawe te doen wat weggeloop het.  

In dieselffde dokumente is ook voorbeelde van verdrae wat tussen 'n meerdere en 'n mindere (superior and inferior).  

Daar was twee soorte hiervan: wanneer die verhouding tussen hulle vriendskaplik of familiaal was, is na die partye as  'vader'  en  'seun'  verwys; wanneer die verhouding nie op vriendelikheid en intimiteit gebaseer is nie, is na die partye verwys as  'heer'  en  'slaaf',  of as  'koning'  en 'vasaal', of ook as 'groter koning' en 'ondergeskikte koning."  Die vasaal of ondergeskikte koning is 'n persoon wat onder die beskerming is van 'n feudale (grondeienaar) heer is, en aan wie die vasaal met eerbetoon en trou verbind is.

Die groot koning is ook bekend as die suzeriaan en die ondergeskikte koning as die prins of as 'n ondergeskikte heer (lesser lord) in diens van die groot koning.  Hierdie ondergeskikte heer is ook die verteenwoordiger van al die gewone mense wat onder die beskerming is van die groot koning.  Die ondergeskikte heer dwing die verdrag af op die gewone mense.

Sulke Sueriaan-Vasaal Verdrae het uit drie onderafdeling bestaan. 

(1) Die Suzeriaan word by naam en titels bekendgestel. 
(2) Die historiese handelinge van die Suzeriaan met die vasaal word opgeteken - dit wys wat die Suzeriaan al gedoen het om die vasaal te beskerm en om aan te dui dat die vasaal daarom onderwerping en onderhorigheid aan die Suzeriaan moet gee. Hierdie twee onderafdelings is die 'Voorwoord'.  Dan volg 
(3) Die stipulasies van wat die Suzeriaan in beginsel en in besonderhede van die vasaal verwag. Hierdie gedeelte word dikwels afgesluit met voorskrifte van waar die vasaal die afskrif van die verdrag moet bewaar, waar die by geleentheid voorgelees moet word om almal aan die pligte wat daarin vervat is, te herinner.  Dit is dan in die verdrag se uitleg opgevolg met die lyste van seeninge en vloeke wat die ondergeskiktes sal tref indien hulle die verdrag sou skend.

Verskillende seremonies is gebruik om te verdrae te bekragtig.  Die seremonie wat die meeste gebruik is, is die rite waartydens die liggame van diere in die helfte deurgesny is en in twee rye langs mekaar neergesit is.  Dan het die twee verdragmakers gelyktydig tussen die stukke deurgestap en aan mekaar belowe dat wat met die diere gebeur het, met hulle sal gebeur wanneer hulle nie die verdrag nakom nie.

Let nou op.

Yhwh is die Suzerian wat die Voorwoord aan Moses gee in Eksodus 20, Moses is die vasaal wat al die Israeliete verteenwoordig onder die oppergesag van die Suzerian:  Hy is die HERE jou God (sy titels), wat jou uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het (die geskiedenis van die voordeel wat Hy reeds vir die vasaal en sy mense bewerk het), en dan volg in verse 3-17 die stipulasies van die tien gebooie met uitgesoeke seeninge en vloeke.  

Nog  'n voorbeeld hiervan is dat, op dieselfde wyse is die hele boek van Deuteronomium ook deurspek met die beginsels van die Suzeriaan Verdrag.

En dan kom Jesus - meer as 400 jaar nadat die OT se geskrifte opgeskryf en afgesluit is met die uitspraak dat Hy nou nie meer sy dissipels slawe noem nie, maar vriende.  En dit was net so 'n aarskuddende ding wat hy gedoen het toe Hy sy dissipels geleer het om God as Onse Vader aan te spreek.  Die Jode van sy dag het die verbod op die ydele gebruik van die Naam van die HERE, immers uitgebrei tot 'n totale verbod op die uitspreek van sy Naam.  En Jesus leer sy volgelinge om Hom as Onse Vader aan te spreek.  Ondenkbaar! 

Lees mooi:

Jesus verander sy dissipels se status van slawe na vriende.
Hy het hulle geleer om God as Onse Vader aan te spreek.
Hy het hulle ook sy broers genoem (Matteus 28:10).


Ek stel voor - vir jou oorweging - wat Jesus hier gedoen het, is Hy het die aard van die Suzerian Verdrag tussen God en mense verander: met Jesus se menswording, lewe en werk hier onder ons, het Hy die verhouding tussen God en ons na vriendskaplik of familiaal verander - want dis al wanneer hierdie soort verdrae na die partye as  'Vader'  en  'seun'  verwys het...


Downloaded 2019-04-11; 19:55
"Suzerain Treaties & The Covenant Documents the Bible"
Notes from lectures of Dr. Meredith Kline, presented at Westminster Theological Seminary in Escondido, California, Westminster Theological Seminary in Philadelphia, Pennsylvania, and Gordon-Conwell Theological Seminary, in Massachusetts
Brief Summary of Suzerain Treaties:

No comments:

Post a Comment