312 woorde
Dit maak seker nie regtig saak hoe vinnig of stadig die 'gemiddelde mens' praat nie - tensy dit n hindernis veroorsaak vir diegene wat die boodskap aanhoor. Die wordcounter.net/blog* wys ook daarop dat die spoed waarmee mens praat afhang daarvan of jy haastig, opgewonde, of senuweeaftig is. Mense wat ontspanne, moeg of verveeld is, praat gewoonlik stadiger. Nietemin beweer die blogskrywer daar is wel 'n 'gemiddelde praatspoed'. Die 'gemiddelde persoon' praat tussen 100 en 130 woorde per minuut. Per dag wissel die hoeveelheid woorde wat mense praat tussen 7,000 en 20,000.
In die Nuwe Testament is daar etlike betekenisvolle uitsprake oor kommunikasie opgeteken. Dit handel nie net oor wat mense se nie, maar ook hoe hulle dit se. Let op die volgende:
Daarom,
lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is
mekaar se lede. Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie
ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie
(Efesiërs 4:25-27).
Laat
daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is
vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. En
bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag
van verlossing. Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering
moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Maar wees vriendelik
en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle
vergewe het (Efesiërs 4:29-31).
Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord (Kolossensie 4:6).
... heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees... (1 Petrus 3:15).
Kom ons werk op die minimum van sowaat 7000 woorde per dag en reken net die helfte van hulle is Christene - en hulle praat so - watter duik sal ons nie maak nie in die onkunde en valshede wat aangaande ons Verlosser versprei word nie...
* https://wordcounter.net/blog/2016/06/02/101702_how-fast-average-person-speaks.html
No comments:
Post a Comment