By die verstandige lewe staan vernuwing voorop: …
en dat julle vernuwe (ananeoo) moet word in die gees (pneuma) van julle gemoed (nous) en julle met
die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en
heiligheid (Efesiërs 4:23-24).
ananeoo = opknap; hervorm; verhuwe
pneuma = asem; gees; rasionele siel; lewensbeginsel; geestelike ingesteldheid; lewe; gedagte
nous = intellek; gedagte; denke; gevoel; betekenis; begrip
Pas
dan op dat julle nougeset (akribos) wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop
die tyd uit (exagorazo) , omdat die dae boos (poneros) is. Daarom moet julle nie onverstandig
wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. Moenie dronk word van
wyn nie - daarin is losbandigheid (asotia); maar word met die Gees vervul (pleroo) . Spreek
onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing
in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir
alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar
onderdanig is in die vrees van God (Efesiërs 5:15-21).
akribos = presies; met omsigtigheid; toegewyd; perfek
exagorazo = koop op; losprys; red van verlies; verbeter geleenthede; verlos
poneros = kwetend; boos; rampspoedig; siek; moreel skuldig; verlate; kwaad; boosheid; skuld; sleg; moeilik/swaar
asotia = ongeredheid; losbandigheid; oproer
pleroo = maak vol; vul 'n holte
Daarom,
my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid
alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met
vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om
te werk na sy welbehae. Doen alles sonder murmurering (goggusmos) en teëspraak (dialogismos), sodat
julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde
van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld
(Filippense 2:12-15).
goggusmos = gebrom; wraakgierig; murmurering
dialogismos = bespreking; interne oorwegings; eksterne debat; geskil; twyfelagtig; verbeelding; redenasie; dink
…
sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en
lankmoedigheid erfgename van die belofte is (Hebreërs 6:12).
Laat
ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het,
is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan
te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige
die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate
julle die dag sien nader kom (Hebreërs 10:23-25).
Die
broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het
sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dink aan die
gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as
mense wat self ook ‘n liggaam het (Hebreërs 13:1-3).
Is
daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom
psalmsing. Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van
die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van
die Here met olie gesalf het.
Jas
5:15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom
oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar
julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed
van ‘n regverdige het groot krag (Jakobus 5:13-16).
Lê
dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle
kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die
onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, as julle
ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is. Kom na Hom toe, die
lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en
kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike
huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God
welgevallig is deur Jesus Christus (1 Petrus 2:1-5).
…
en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle
kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat
hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking (1 Petrus
2:12). Want so is dit die wil van God
dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal
bring, as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ‘n dekmantel vir
die boosheid nie, maar as diensknegte van God.
Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer
(1 Petrus 2:15-17).
En
eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming,
vriendelik. Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde
nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat
julle seën kan beërwe. Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien,
moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog
spreek nie. Hy moet afwyk van wat
verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag (1 Petrus
3:8-11).
En
aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet
julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle
haat wat deur sonde bevlek is (Judas 1:22-23).
Lyding
Neem
as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam
van die Here gespreek het (Jakobus 5:10).
Want
ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die
heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie (Romeine 8:18).
Omdat
ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here
Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het
tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid
van God. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge,
omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid
beproefdheid en die beproefdheid hoop;
en
die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur
die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Want toe ons nog swak was, het
Christus op die egte tyd vir die goddelose gesterwe (Romeine 5:1-6).
Daarom
gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word
die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir
‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van
heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die
onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig (2
Korinthiërs 4:16-18).
Maar
as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees
hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie. Maar heilig die Here God in
julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van
julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en
vrees; met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van
julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie
lewenswandel in Christus belaster (1 Petrus 3:14-16).
Geliefdes,
verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle
beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle
gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook
by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. As julle
beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van
die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel
gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. Want niemand van
julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die
sake van ‘n ander bemoei nie. Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet
hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig. Want die tyd
is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons
begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God
ongehoorsaam is? En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die
goddelose en die sondaar verskyn?
So
laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die
getroue Skepper toevertrou met goeie dade (1 Petrus 4:12-19).
Kortweg…
As
julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is
en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat
op die aarde is nie (Kolosensse 3:1-2).
Maak
dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog,
slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is (Kolosensse 3:5).
Maar
nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster,
skandelike taal uit julle mond.
Lieg
nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
(Kolosensse 3:8-9).
Beklee
julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike
ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid,
lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander
‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En
beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid
is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is,
in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik
in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en
geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die
Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam
van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom (Kolosensse 3:12-17).
Vroue,
wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle
moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie. Kinders, julle
moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here
welbehaaglik. Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie
moedeloos word nie. Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles
gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid
van hart, omdat julle God vrees.
En
wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense
nie (Kolosensse 3:18-23).
Wees
dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer
wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die
vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk
julle harte, want die wederkoms van die Here is naby (Jakobus 5:7-8).
No comments:
Post a Comment