710 woorde
Maak
voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; seën
die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; wees bly met die wat
bly is, en ween met die wat ween; wees eensgesind onder mekaar; moenie na
hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees
nie; vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle
mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede
met alle mense. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die
toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek
die Here. As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors
het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole
ophoop. Laat
jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie
(Romeine 12:13-20).
Maar
julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die
Heilige Gees bid en
julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van
onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag. En aan sommige wat
twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees
red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur
sonde bevlek is (Judas 1:20-23).
Vergeld
geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel,
omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe (1
Petrus 3:9).
Daarom,
bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen. Maar ons
vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in
die Here is en julle vermaan; en bewys hulle in liefde die hoogste agting
ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
En
ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die
kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal. Sorg
dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed
is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal (1 Thesalonissense 5:11-15). … en
laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor (Hebreërs
10:24).
En
die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis
verwek; en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik
wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra. Hy
moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien
bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie (2 Timoteus 2:23-25).
Laat
niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander (1
Korinthiers 10:24). Moenie iets doen uit
selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër
ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar
elkeen ook na die ander s’n (Filippense 2:3-4).
Sorg
dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed
is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal (1 Thesalonissense 5:15). Eph
4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar
soos God ook in Christus julle vergewe het (Efesiërs 4:32).
Alleenlik,
gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien
dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een
gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie
(Filippense 1:27).
… wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë
dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie
(Romeine 12:16).
Laat
ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien (Romeine 14:19). En mag die God van lydsaamheid en bemoediging
aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van
Christus Jesus (Romeine 15:5).
Ek
vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die
roeping waarmee julle geroep is, met
alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in
liefde verdra (Efesiers 4:1-2).
Dit klink ver bo wat ons kan dink of kan vra...
Dit klink ver bo wat ons kan dink of kan vra...
No comments:
Post a Comment