391 woorde
Verder,
my broeders, verbly julle in die Here (Filippense 3:1a). Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal:
Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die
Here is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles
deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God (Filippense 4:4-6).
Onderwerp
julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle
wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle
sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! Weeklaag, treur en
ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in
bedruktheid. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle
verhoog. Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek
van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die
wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n
regter (Jakobus 4:7-11).
Eindelik,
my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek
die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste
van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar
teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis
van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle
wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil
en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle
lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid
aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van
vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al
die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van
verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God - terwyl julle
met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe
waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges (Efesiërs
6:10-18).
Verbly. Vriendelik. Onbesorg. Danksegging. Onderwerp. Nader. Reinig. Suiwer. Verneder. Word kragtig. Trek aan. Bied weetstand. By staande. Staan vas. Neem op. Blus uit. Bid. Waak. Volhard.
Wat 'n lys van werkwoorde...
Verbly. Vriendelik. Onbesorg. Danksegging. Onderwerp. Nader. Reinig. Suiwer. Verneder. Word kragtig. Trek aan. Bied weetstand. By staande. Staan vas. Neem op. Blus uit. Bid. Waak. Volhard.
Wat 'n lys van werkwoorde...
No comments:
Post a Comment