Thursday, 7 April 2016

Nog 35...

Jesus het baie dinge geleer toe Hy hier was. 
515 woorde 

Daar is geleerdes wat reken daar is meer as duisend opdragte of bevele van dinge wat Christene moet doen wat in die Nuwe Testament alleen opgeteken is.  

Na aanleiding van die vorige post, lys ek hier nog vyf-en-dertig vir jou oorweging (Ek gaan nie nog veertig soek nie!):

1   Moenie die Gees van God laster nie (Matteus 15:19-20).
2   Doen goeie dinge op die Sabbatdag (Matteus 12:11-12).
3   Eer jou vader en jou moeder (Matteus 15:4; Markus 10:19).
4   Moenie moord pleeg nie (Matteus 19:18; Lukas 18:20).
5   Moenie owerspel pleeg nie (Matteus 5:27-28; Markus 7:21-23).
6   Moenie steel nie (Matteus 19:18; Markus 10:19).
7   Moenie vals sweer nie (Matteus 5:33-34; Lukas 18:20).
8   Moenie begeer nie (Markus 15:19-20).
9   Wie sonde doen, is 'n slaaf van die sonde (Johannes 8:34).
10 Slegs diegene wat die wil van God doen, erf die koninkryk (Matteus 7:21).
11 Almal wat wetteloos lewe, gaan vuur toe (Matteus 13:40-42).
12 Moenie menslike tradisies bo wetsgehoorsaamheid stel nie (Markus 7:6-9).
13 Onderhou die gebooie en jy sal die ewige lewe erf (Matteus 19:17; Markus 10:17-19).
14 Maak dissipels van al die ander etniese groepe (Matteus 28:18-20).
15 Jeus is met ons wanneer ons dissipels van ander mense maak (Matteus 28:20).
16 As ons Hom HERE noem, moet ons doen wat hy beveel (Lukas 6:46).
17 Jesus se broers is diegene wat God se woord doen (Lukas 6:46).
18 Jy moet God en jou naaste bo alles stel (Matteus 25:37-40).
19 Jy moet ander vergewe op dieselfde wyse as wat God jou vergewe (Matteus 6:12).
20 Moenie ander mense oordeel nie (Matteus 7:1-2).
21 Vergewe ander mense 7X70 keer (Matteus 18:22).
22 Dis moeilik vir rykes om die koninkryk van God te erf (Matteus 19:@4).
23 Soek eerste die koninkryk van God en die nader dinge kom by (Matteus 6:25-33).
24 Werk vir die spyse wat bly tot in ewigheid (Johannes 6:27)
25 Moenie werk vir die spyse wat vergaan nie (Johannes 6:27).
26 Moenie jou bekommer oor wat jy eet of aantrek nie (Matteus 6:25-26).
27 Jy kan nie vir twee base werk nie (Matteus 6:24).
28 Moenie jou perels vir die varke gooi nie (Matteus 7:6).
29 Vra en jy sal ontvang, soek en jy sal vind, kop en die deur sal oopgemaak word (Mat 7:7)
30 Jy kan die koninkryk slegs deur die nou poort binnegaan (Matteus 7:13).
31 As jy glo, kan jy siekes genees en duiwels uitdruf (Markus 16:18).
32 Jy word aan jou vrugte geken (Matteus 7:16).
33 Versoen jou met jou naaste voor jy tot die HERE nader (Matteus 5:23).
34 Jy moet lig en sout vir die wereldlinge wees (Matteus 5:13-14).
35 Jy moet volmaak wees soos God in die hemel volmaak is (Matteus 5:48).

Hierdie twee lysies het my weer onder die indruk gebring van die uitspraak dat ons nie meer leef nie, maar Christus leef deur ons (Galasiers 2:20).  Anders sou nie een van hierdie of die vorige lysie se doendinge iewers op aarde onder mense sigbaar gewees het nie...









No comments:

Post a Comment