857
woorde
Hy
wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy
gewandel het (1 Johannes 2:6). Maar soos Hy wat julle geroep het,
heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat
daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig (1 Petrus 1:15-16).
Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle
kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want
Hy sorg vir julle (1 Petrus 5:6-7). julle voor die Here, en Hy sal
julle verhoog (Jakobus 4:10).
Elkeen
van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot
stigting (Romeine 15:2).
Julle
moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die
ander s’n (Filippense 2:4). Vergeet die weldadigheid en
mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers
(Hebreërs 13:16). Julle moet
ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die
Here is naby (Jakobus 5:8). Julle moet almal eer, die broederskap
liefhê, God vrees, die koning eer (1 Petrus 2:17).
Daarom,
geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle
vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede (1
Petrus 3:14). Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul
allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die
liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here
Jesus Christus tot die ewige lewe verwag (Judas 20-21). Wees aan
niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat
‘n ander liefhet, het die wet vervul (Romeine 13:8).
As
julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees
tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig
liefhê uit ‘n rein hart (1 Petrus 1:22). Laat jou nie deur die
kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie (Romeine
12:21). En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol
broederliefde en ontferming, vriendelik (1 Petrus 3:8).
Ek
vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel
waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en
sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde
verdra (Efesiërs 4:1-2).
Volhard
in die gebed en waak daarin met danksegging. Wandel in wysheid
teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord
altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe
julle iedereen moet antwoord (Kolpssense 4:2-6). Doen alles sonder
murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan
wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en
verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,
deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot ‘n roem teen
die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei
het nie (Filippense 2:14-16).
Bedink
wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense (2
Korinthiërs 8:21). Bedink
die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie (Kolossense
3:2).
Wees
altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit
is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Blus die Gees nie
uit nie. Verag die profesieë nie. Beproef alle dinge; behou die
goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad (1 Tesalonissense
5:16-21).
Maar
jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die
geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid,
sagmoedigheid. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die
ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie
getuies afgelê het. Ek gebied jou
voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van
Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig
het, dat jy die gebod onbevlek, onberisplik bewaar tot by die
verskyning van onse Here Jesus Christus (1 Timoteus
6:11-14).
Laat
die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die
ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees
vurig van gees; dien die Here; verbly julle in die hoop; wees
geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed, wees bly met die
wat bly is, en ween met die wat ween (Romeine 12:9-15). Maar wees
vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God
ook in Christus julle vergewe het (Efesiërs
4:32).
psalmsing
in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd
vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus (Efesiërs
5:19-20).
Daarom,
my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my
teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my
afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing (Filippense
2:12).
Maar
bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook
nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja
wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie
(Jakobus 5:12).
No comments:
Post a Comment