My indruk is dat gelowiges nie altyd mooi weet wat om van hulleself te dink nie. 831 woorde
Die sielkundiges leer ons baie oor selfbeeld. Die Bybel leer ons is na God se beeld en gelykenis geskape. Die Bybel leer ook - en ons weet dit almal - daar was 'n sondeval. Die Bybel leer verder - en ons weet dit ook almal - dat Jesus Christus gekom het om die werke van die duiwel te verbreek (1 Johannes 3:8).
Die Bybel leer ook wat God oor ons se nadat Jesus gekom en die werke van die duiwel onder ons verbreek het. Dit het 'n monumentale invloed op selfbeeld. Lees bietjie hier:
1 God het jou lief (1 Tessalonisense 1:4).
2 Jy is uitverkies, heilig en blaamloos voor God (Efesiers 1:4).
3 Jy het wedergeboorte as 'n geskenk ontvang (1 Petrus 1:3).
4 Jy is 'n nuwe skepsel in Christus (2 Korinthiers 5:17).
5 Die sluier wat jou insig bedek het, is deur Christus verwyder (2 Korinthiers 3:14).
6 Jy is nie meer 'n slaaf van sonde nie - jou ou mens is dood (Romeine 6:6).
7 Jy is bevry van die wet van die sonde en die dood (Romeine 8:2).
8 Jesus het jou vrygemaak om waarlik vry te wees (Galasiers 5:1).
9 Jy is nie meer 'n slaaf nie, maar 'n seun en erfgenaam (Galasiers 4:7).
10 Jy het 'n onbesmette, onverwelkbare en onverganklike erfenis (1 Petrus 1:4).
11 Jy is 'n mede-erfgemaam van Christus (Romeine 8:17).
12 Jy is geregverdig en verlos (Romeine 3:24).
13 Jy is 'n kind van God (Johannes 1:12).
14 God sal jou nie verdoem nie (Romeine 8:1).
15 God het jou uitgekies en daarom is jy geliefd en heilig (Kolossense 3:12).
16 Jy was voorheen die ene duisternis, nou is jy lig (Efesiers 5:8).
17 Jy het direkte toegang tot God deur jou geloof in Christus (Efesiers 3:12).
18 Jy is geroep om 'n saint te wees (1 Korinthiers 1:2; Efesiers 1:1; Filippense 1:1).
19 Jy is verlos en vergewe deur God se gunsbetoning/genade (Efesiers 1:7).
20 Christus het jou aanvaar (Romeine 15:7).
21 Jy is 'n tak van die Ware Wynstok (Johannes 15:1-5).
22 Jesus noem jou sy vriend (Johannes 15:15).
23 Jesus nou jou ook sy broer (Hebreers 2:11-12).
24 Christus woon in jou (Efesiers 3:17; Kolossense 2:27; 2 Korinthiers 13:5).
25 Die Heilige Gees woon onafebroke [abiding] in jou (1 Johannes 2:27).
26 Jesus en God die Vader woon in jou (Johannes 14:23).
27 Jy is een in gees met God die Vader (1 Korinthiers 6:17).
28 God laat jou altyd triomfeer in Christus (2 Korinthiers 2:14).
29 Jy het alles wat jy nodig het om te lewe en om Hom te dien (1 Petrus 1:3).
30 Jy het wysheid, geregtigheid, heiligheid en verlossing (1 Korinthiers 1:30).
31 Jy is die geregtigheid van God die Vader in Christus (2 Korinthiers 5:17).
32 Jy is in eenheid met almal wat in Christus Jesus is (Galasiers 3:28).
33 Jy is met al die hemelse seeninge geseen (Efesiers 1:3).
34 Jy is bestem om 'n erfporsie van God te ontvang (Efesiers 1:11).
35 Jy is deur die Heilige Gees as God se eindom verseel (Efesiers 1:13).
36 Jy is lewendig gemaak saam met Christus (Efesiers 2:4-5).
37 Jy het, soos Christus. 'n plek in die hemel (Efesiers 2:6).
38 In Christus is jy deur God herskape om goeie dinge te doen (Efesiers 2:10).
39 Jy is naby aan God gebring deur die bloed van Christus (Efesiers 2:13).
40 Jy is deel van die Liggaam van Christus (Efesiers 3:6; Efesiers 5:30).
41 Jou nuwe self(beeld!) is beklee met geregtigheid en heiligheid (Efesiers 4:24).
42 Jy is 'n burger van die hemel (Filippense 3:20).
43 Die vrede van God bewaar jou gedagtes en jou hart (Filippense 4:7).
44 God voorsien in al jou behoeftes [needs] (Filippense 4:19).
45 Jy is saam met Christus uit die dood opgewek (Kolossense 3:1).
46 Jou (nuwe) lewe is in Christus versteek vir God (Kolossense 3:3).
47 Jy sal (nog!) in die heerlikheid van die opgestane Christus deel (Kolossense 3:4).
48 Jy het deel aan die goddelike natuur (2 Petrus 1:4).
49 Jy het die volheid van God in jou deur Christus Jesus (Kolossense 2:10).
50 Jou liggaam is die tempel van die Heilige Gees (1 Korinthiers 6:19).
51 Jy word met 'n nuwe verbond aan God verbind (Hebreers 8:10-13).
52 Jou sterwe is wins (Filippensie 1:21).
Dis vir my duidelik ons as gelowiges mag nie iets anders oor onsself dink en se wat wat God oor ons in die Bybel gese het nie.Wanneer ons so oor onsself begin dink en se wat God oor ons gese het nadat Jesus Christus ons met God die Vader versoen het (en dit glo en so begin optree!), word ons selfbeeld (dalkies net!) na Sybeeld in ons verander. Soos Hy ons aanvanklik geskape het: na sy beeld en sy gelykenis.
Ons behoort nie uit ons selfbeeld te lewe nie. Ons moet uit en na Sybeeld toe lewe.
No comments:
Post a Comment