432 woorde
Goeie Vrydag is inderdaad goed vir mense. Daardie dag het God die beste kontrak ooit met mense onderteken.
Die Bybel leer immers dat Christus ons (toe) verlos het van die vloek van die wet deurdat Hy die vloek in ons plek gedra het deur self 'n vervloeking te word (Galasiers 3:13). Die resultaat daarvan word uitstekend uitgedruk in 2 Korinthiers 6:18: "... en Ek sal vir julle 'n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige."
Hier is 'n paar van die goeie dinge wat die koms, lewe, werk, sterwe en opstanding tussen die dooies uit van Christus vir ons bewerk het sodat ons waarlik as seuns en dogters van God bekend kan wees:
1 Hy het al jou siekte, oortredinge, sonde en verderflike gedrag op Homself geneem (Matteus 8:28-34; Hebreers 8:29; 1 Petrus 2:24).
2 Hy het al jou oortredinge, sonde en verderflike gedrag vergewe en onthou dit nie meer nie (Hebreers 8:12).
3 Hy het jou selfregverdiging weggeneem en aan jou Sy geregtigheid geskenk (2 Korinthiers 5:21).
4 Hy het Homself met jou kleed van sondigheid beklee en aan jou Sy kleed van redding omgehang (Filippense 2:5-8; Kolossense 13-15).
5 Hy het sy rein lewe aan jou toegeskryf en beskou jou as regverdig (Galasiers 2:20; Filippense 1:21; Romeine 8:33).
6 Hy het sy goddelike natuur aan jou oorgedra deur Sy Heilige Gees in jou hart te gee en Hy het jou met al die goeie geestelike seeninge geseen (Matteus 3:11; Efesiers 1:3; 2 Petrus 1:4).
7 Jy het een geword met Hom en Hy lewe nou in jou hart (Kolossense 3:3; 1 Johannes 5:20).
8 Sy woning is jou tuiste. Jy kan feesmaal hou by Sy tafel (Openbaring 19:; Openbaring 21:1-3).
9 God sal vir jou 'n Vader wees en jy sal sy eie seun/dogter wees (Romeine 8:15; Galasiers 4:6-7).
10 Jy sal saam met Hom regeer vir duisend jaar lank en die ewige lewe met Hom deel (Openbaring 20:4-7; Openbaring 22:1-5).
Ek is oortuig dat Jesus die Nuwe Verbond (Jeremia 33:31; Hebreers 8:13) 'onderteken' het en dus geldig gemaak het toe Hy (Lukas 22:20) by die laaste aandete wat Hy saam met sy elf volgelinge gehad het net voor Hy gekruisig is, gese het: "Hierdie beker is die Nuwe Testament in My bloed wat vir julle uitgestort word."
Nothing beats it wanneer jy God jou Vader kan noem nie.
Dit het Jesus sy lewe gekos om dit moontlik te maak.
No comments:
Post a Comment