Thursday, 31 March 2016

Vrede

Vrede
761 woorde

In die Bybel verwys vrede na baie meer as slegs die afwesigheid van oorlog tussen mense. Dit verwys na versoening met God. 

Die bron van hierdie soort versoenende vrede is God self.  Jesus Christus is God se Vredemaker (Efesiers 2:14; Johannes 14:27; Johannes 16:33). Hy het reeds vrede gemaak tussen God en mense wat teen Hom rebelleer.  Hy het hierdie vredesooreenkoms met sy eie bloed onderteken.  Golgota is die grootste voorbeeld van vrede maak.  Dit het onomkeerbare vrede en versoening tussen God en mense bewerk.  Vir ewig.  

Die Bybel leer Golgota is God se laaste woord oor vrede.

Dis meer as interessant om te onthou dat die geskiedenis van die mens begin het met vrede tussen God en mense (Genesis 1-2). Dit het egter (skynbaar) nie te lank gehou nie... Daarom, toe die tyd daarvoor ryp was, het God die Vredemaker gestuur (Galasiers 4:4).

Ons, die volgelinge van Jesus, is veronderstel om soos Hy te wees:  "Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel [= lewe] soos Hy gewandel [= gelewe] het" (1 Johannes 2:6). Dit lyk vir my hierdie uitspraak beteken dat ons soos Jesus moet dink en praat, en doen wat Hy gedoen het - dan  'wandel'  ons soos Hy gewandel het.


En wanneer jy soos Jesus begin wandel, sal jy vervolg word - jy sal nie vrede kry nie - nogtans leer Hyself (Matteus 5:10-12):  "Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.  (En jy moet dit as salig (makarios = gelukkig) beskou wanneer jy wel vervolg word...) "Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele... "

Mense wat vrede tussen God en mense wil bewerk, kry nie 'n toekenning, bevordering of 'n verhoging in salaris of 'n groot gemeente met 'n goeie inkomste en met goeie kerkraadslede nie. Hier word hulle vervolg (dioko = agtervolg; vervolg; oorgee aan swaarkry; vlug).  Maar in die hemele is hulle misthos (betaling vir diens; beloning; loon) polus (baie; groot; dikwels; orvoedig/volop).  

Die mense wat hier en nou wel in vrede met God lewe, is egter ook hier en nou moeilikheidmakers - want hulle openbaar die oorlogswrywing tussen God en die ongereddenes wat sy teenstaanders is (Psalm 107:6; Handelinge 17:6).  En dis juis hierdie wrywing wat op vervolging uitloop.  Vredemaking lei tot vervolging.  Dit - vervolging - het vir Jesus ook getref.  Dit sal ons ook tref - want die leerling is nie groter as sy Leermeester nie (Matteus 10:22-25).

Nietemin is die volgeling van Christus 'n vredesverspreider.  Dis immers wat mense wat rein van hart is doen (Jesaja 32:17; Jakobus 3:17-18).  Ons werk  (nie soseer om 'n sukses van ons besigheid te maak nie) is om vrede te maak (Romeine 5:1; Filippense 4:7). 


Vredemaking is die bediening van die versoening tussen God en mense deur Christus.  Hierdie bediening van versoeking is wat aan ons toevertrou is (2 Korinthirs 6:18).

Ons moet in die eerste plek vrede maak met die broers en susters wat van ons verskil (Matteus 5:23; Matteus 18:15-17).  
Omdat ons vredemakers is, moet ons ook vrede bring na en maak met ons vyande (Matteus 5:38-42).   Moenie wraak neem nie (Romeine 12:19-21).  

Sover dit van jou afhang, leef in vrede met almal - dit sluit jou vyande in (Romeine 12:18).  

Vrede versprei die wysheid wat van bo kom (Jakobus 3:17).

Wanneer jy begin vrede maak op hierdie Bybelse manier, sal mense jou begin behandel soos hulle vir Jesus behandel het.  Maar dan moet jy soos Jesus, nie die geveg vermy nie, maar dit ombuig en versoening met God aan die mense voorhou (Romeine 5:5; Galasiers 5:22).  "Salig (makarios = supremely blessed; gelukkig; goed daaraan toe; salig) is die vredemakers, want hulle sal kinders (huios = seuns) van God genoem word' (Matteus 5:9).

Die vrede waarvan die Bybel praat versoen mense vir ewig met God.  Dis vrede.

Die seen van vrede is godvrug (euebeia = peiteit; heiligheid; godsvrug).  

Dit het ook meer as interessante waarde om te weet die geskiedenis van die mensdom sal eindig met ewigdurende vrede tussen God en die mense (Openbaring 21).  Vrede maak het ewigheidswaarde.   Daardie soort vrede is nou reeds beskikbaar.  

Dis ons verantwoordelikheid om dit te versprei met die wyse waarop ons ons lewens inrig.



Nota
Die woord vrede kom 184 keer in die OT voor in 167 verse.  Dit kom 95 keer voor in die NT in 88 verse.

Thursday, 24 March 2016

Inderdaad

Inderdaad Goed
432 woorde


Goeie Vrydag is inderdaad goed vir mense.  Daardie dag het God die beste kontrak ooit met mense onderteken.

Die Bybel leer immers dat Christus ons (toe) verlos het van die vloek van die wet deurdat Hy die vloek in ons plek gedra het deur self 'n vervloeking te word (Galasiers 3:13).  Die resultaat daarvan word uitstekend uitgedruk in 2 Korinthiers 6:18:  "... en Ek sal vir julle 'n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige."

Hier is 'n paar van die goeie dinge wat die koms, lewe, werk, sterwe en opstanding tussen die dooies uit van Christus vir ons bewerk het sodat ons waarlik as seuns en dogters van God bekend kan wees: 

1   Hy het al jou siekte, oortredinge, sonde en verderflike gedrag op Homself geneem (Matteus 8:28-34; Hebreers 8:29; 1 Petrus 2:24).

2   Hy het al jou oortredinge, sonde en verderflike gedrag vergewe en onthou dit nie meer nie (Hebreers 8:12).

3   Hy het jou selfregverdiging weggeneem en aan jou Sy geregtigheid geskenk (2 Korinthiers 5:21).

4   Hy het Homself met jou kleed van sondigheid beklee en aan jou Sy kleed van redding omgehang (Filippense 2:5-8; Kolossense 13-15).

5   Hy het sy rein lewe aan jou toegeskryf en beskou jou as regverdig (Galasiers 2:20; Filippense 1:21; Romeine 8:33).

6   Hy het sy goddelike natuur aan jou oorgedra deur Sy Heilige Gees in jou hart te gee en Hy het jou met al die goeie geestelike seeninge geseen (Matteus 3:11; Efesiers 1:3; 2 Petrus 1:4).

7   Jy het een geword met Hom en Hy lewe nou in jou hart (Kolossense 3:3; 1 Johannes 5:20).

8   Sy woning is jou tuiste.  Jy kan feesmaal hou by Sy tafel (Openbaring 19:; Openbaring 21:1-3).

9  God sal vir jou 'n Vader wees en jy sal sy eie seun/dogter wees (Romeine 8:15; Galasiers 4:6-7).

10  Jy sal saam met Hom regeer vir duisend jaar lank en die ewige lewe met Hom deel (Openbaring 20:4-7; Openbaring 22:1-5).

Ek is oortuig dat Jesus die Nuwe Verbond (Jeremia 33:31; Hebreers 8:13)  'onderteken'  het en dus geldig gemaak het toe Hy (Lukas 22:20) by die laaste aandete wat Hy saam met sy elf volgelinge gehad het net voor Hy gekruisig is, gese het:  "Hierdie beker is die Nuwe Testament in My bloed wat vir julle uitgestort word."  


Dis waarom ons nou seuns en dogters van God genoem kan word.  Dis inderdaad baie goeie nuus.  

Nothing beats it wanneer jy God jou Vader kan noem nie.  

Dit  het Jesus sy lewe gekos om dit moontlik te maak.






Thursday, 17 March 2016

Veertig...

Die verskillende denominasies het elkeen hulle eie leerstellings.    
599 woorde

Dis wat hulle van mekaar onderskei.  Die paar belydenisskrifte wat ekself deurgelees het reflekteer min van hierdie dinge wat volg wat Jesus geleer het:



1   Alle outoriteit in die hemel en op die aarde behoort aan Jesus (Matteus 28:18).
2   Jy moet God liehe het alles wat jy is en het (Matteus 22:37).
3   Jy moet jou vyande liefhe (Matteus 6:44).
4   Moenie 'n tweegesig wees nie (Lukas 12:11).
5   Bekeer jouself, dink anders, of jy gaan verlore (Lukas 13:3-5).
6   Moenie van jou man of vrou skei nie (Markus 10:11-12; Matteus 10:3-10).
7   Jy kan owerspel pleeg deur met na 'n vrou te kyk (Matteus 5:28).
8   Draai jou linkerwang as jy op jou regterwang geslaan word (Matteus 5:39)
9   Moenie goeie dade doen om deur mense gesien te word nie (Matteus 6:1).
10 Moenie skatte op die aarde bymekaarmaak nie (Matteus 6:19).  
11 Maak vir jou skatte in die hemel bymekaar (Matteus 6:19).
12 Diensknegte is belangrike mense in die koninkryk (Markus 10:43-44).
13 Wie glo en doen gaan nie verlore nie (Markus 16:16; Jakobus 2:14-26).
14 Sondaars moet hulle bekeer, regverdiges nie (Lukas 5:32).
15 Asd al die mense goed praat van jou, vergelyk Jesus jou met 'n vals profeet (Luk 6:26).
16 As jy skaam is vir Jesus, skaam Hy Homself ook vir jou (Lukas 9:26).
17 Vrees God, want Hy kan jou hel toe stuur (Lukas 12:5).
18 Selfregverdiging is afstootlik vir God (Lukas 16:15).
19 Eer jou ouers - maak nie saak hoe oud jy is nie (Markus 7:10-13).
20 Alle bose dinge wat 'n mens doen kom uit sy hart (Markus 7:21).
21 Moenie tradisies bokant die woord van God stel nie (Markus 7:9).
22 Die hardheid van die mens se hart hou hom weg van die waarheid (Markus 4:11).
23 As jy nie vergewe nie, vergewe God jou ook nie (Markus 11:27).
24 Jy moet weer gebore word om die koninkryk van God in te gaan (Johannes 3:3-5).
25 Almal wat boosheid bedryf, haat die lig (Johannes 3:20).
26 Aambidding is in gees en waarheid en nie plekgebonde nie (Johannes 4:20-24).
27 Jesus se vriende doen wat Hy beveel (Johannes 15:!4).
28 Die woord van God is die waarheid (Johannes 17:17).
29 Die koninkryk van God behoort aan diegene wat soos kinders is (Matteus 19:14).
30 As jy jouself verhoog sal jy verneder word (Matteus 23:12).
31 Mense wat 'n teken soek en nie net die woord van God nie, is boos (Matteus 12:39).
32 Jesus gee rus aan vermoeides (Matteus 11:28).
33 Jy moet self jou hart ontvanklik hou vir die woord van God (Markus 4).
34 Jy kan die hele wereld oorwin en tog skade lei aan jou siel (Markus 8:37).
35 Pluk liewer jou oog uit as om daarmee hel toe te gaan (Markus 9:37).
36 Nie almal wat Jesus die HERE noem, word gered nie (Matteus 7:21).
37 Jy moet ophou sonde doen (Johannes 8:10-11).
38 Jy moet slegs vir God aanbid en Hom alleen dien (Matteus 4:10; Markus 12:30).
39 Moenie afgodsoffers eet nie (Openbaring 2:14; Openbaring 4:20).
40 Aanbid God in gees en in waarheid (Johannes 4:24).


Uit die aard van die saak is dit nie my bedoeling om denominasies in 'n swak lig te stel nie. Dis iets wat hulleself doen of nie doen nie. My bedoeling is om te wys wat het Jesus geleer - en om ons almal aan te moedig om, as ons onsself Sy volgelinge noem, sorg te dra dat ons hierdie dinge nie net weet nie, maar ook doen.




Thursday, 10 March 2016

Kom en Gaan


Kom-terug-byeenkomste                                      
1094 woorde

Roger Tohman was eers die predikant van 'n  'gewone'  gemeente.  In die gemeente het hy dit as sy plig beskou om as deel van sy werk 'n  'atmosfeer van aanbidding'  daar te stel.  En dit het eintlik beteken, volgens hom, dat hy eintlik moes sorg dat die lidmate elke Sondag 'n kuns genoeg ervaring beleef sodat hulle sal terugkom vir meer: gemaklike sitplekke, goeie musiek en goeie sang, koffie en tee - en natuurlik 'n preek wat almal se aandag deurentyd sal boei. Hy reken die gereelde byeenkoms van eredienste het die hoofkenmerk geword van wat dit in ons dag beteken om 'n Christen te wees.  

Merklysie

Ek dink dis in Suid-Afrika nie veel anders nie.  In baie gevalle het godsdienstige aktiwiteite die persoonlike en lewende verhouding met Jesus Christus vervang.  By die kerk Sondag? Ja. Bybel gelees gedurende die week?  Ja.  Gebid?  Ja.  Dalk nog 'n vergadering by die kerkgebou ook bygewoon?  Ja. Tiende gegee?  Ja.  Thats it.  Omtrent net die predikant en die kerkraadslede is aktief besig met dinge om die gemeente se strukture aan die gang te hou.  Die limdate kom net om die byeenkomste by te woon.  

Wanneer die lidmate dan hierdie byeenkomste bygewoon het, dink mense hulle het gedoen wat van 'n goeie Christen verwag word.  En die prediker dink hy het met sy goeie kom-volgende-week-terug-vir-meer-byeenkoms geslaag.

Knus?

Tohman stel dit voorts duidelik dat Jesus nie gemaklike Christenskap verkondig of beoefen het nie.  Daar was omtrent niks gemaklik in die lewe en werk van Jesus van Nasaret se lewe en werk hier op aarde nie.  Dieselfde geld vir sy eerste en daaropvolgende volgelinge van die eerste eeue nadat Hy opgevaar het.  Nie knus Christenskap nie.  Verseker veeleisend...  

Tot sover wat Tohman skryf.

Lees nou bietjie hier wat het Christus self geleer aan diegene wat Hom wou volg:


Sonder woning

Jesus het iemand wat Hom wou volg, daarop gewys dat Hy nie eers 'n plek het om sy kop neer te le nie (Matteus 18:20).  Die betekenis van hierdie uitspraak vir die persoon wat Hom wou volg is duidelik: wanneer jy My navolg, moet jy besef jy werk vir Iemand wat hier homeless is en dat jy waarskynlik sy homelessness met Hom sal moet deel.  Daar is nie gemaklike sitplekke by Jesus nie...

Selfverloening

"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloen en sy kruis opneem en My volg.  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind"  (Matteus 16:24).  Jouself verloen?  Kruis opneem? Lewe verloor?  Daar staan nogal 'n moet in hierdie uitspraak... dit beteken die volgeling het nie 'n keuse nie... Selfverloening praat van iets wat minstens moeilik is...Dit pas nie in by gemaklike Christenskap nie...

Los alles

"As iemand na My toe kom en hy haat (ou miseo = haat; verfoei; vervolg; minder liefhet) nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie" (Lukas 14:26). Die ou in die Grieks verwys na 'n absolute negatief: dit beteken dit kan glad nie gebeur nie. Dis 'n totale verbod.  Sterk woorde. Dis iets wat jy moet doen: jy moet jou gesinslede minder liefhe as vir Christus; jy moet jou lewe minder liefhe as vir Christus.  Indien dit nie so is nie, kwalifiseer jy nie as 'n dissipel nie.  Jy kan dan nie een wees nie...

En dis nog nie al nie...  Niemand wat nie van al (pas = alles; elke; elkeen; almal;enige; elkeen) sy besittings afstand doen nie, kan ook nie Jesus se dissipel wees nie (Lukas 14:33).  Nie net die tiende nie.  Nie net jou geld nie.  Alles.  Sterk woorde - inderdaad.  Dit klink hiervolgens of die kapitalistiese geldstelsel van besitreg glad nie hoog aangeslaan is deur Jesus nie...  Hierdie uitspraak pas ook nie in nie by knus-gemaklike Christenskap nie.


Walk the talk

Jesus het vir die Jode wat Hom geglo het, ook ge:  "As julle in My woord bly (meno = aanhoudend bly; uithou/vasbyt [endure]; bly soos dit is; standvastig staan), is julle waarlik My dissipels.  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak" (Johannes 8:31).  Dit lyk my dis slegs diegene wat in Jesus se woord bly wat die waarheid sal ken wat vrymaak.  Niemand anders nie...  Dit vra inderdaad vasbyt.  Dit praat nie van die inneem van en instemming met goeie en boeiende prediking op gemaklike sitplekke nie...

Dra vrugte

"Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrugte dra; en julle sal my dissipels wees " (Johannes 15:8).  Op 'n ander plek word die vrugte van die Gees (Galasiers 5:22) gelys as liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, getrouheid, nederighid, en selfbeheersing. Bywoning van kerklike vergaderings, koffie en tee, goeie musiek en sang en boeiende prediking is nie ingesluit as (tekens van) vrugte wat hou nie.

So?

Dit lyk my een van die hoofkenmerke van die 21ste eeu se Christenskap kan gereduseer word tot kom-na-ons-byeenkomste:  want ons het gemaklike sitplekke, goeie musiek en sang, boeiende prediking.  En sonder om dit te se, insinueer ons - en verder word daar nie veel wat van jou verwag word nie.  Jy kan maar passief wees.  Knus Christenskap, soos Tohman dit beskryf.

In hierdie paar tekste wat ek gebruik het, is dit duidelik die Bybel leer eerder gaan-na-die-ander-etniese-groepe-toe. Dis immers die laaste woorde van Jesus (Matteus 28:19) voor Hy  'weg'  is.  En in die proses, het Hy duidelik laat verstaan dat ons heelwat dinge in ons lewens moet verander...

 Los alles. Doen ander dinge.

Moenie jou gesinslede belangriker ag as die verspreiding van die evangelie nie.  Selfs nie jou eie lewe nie. Doen die wil van God.  Lees hier (Matteus 7:21): "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is."  Die teks praat nie eers van gemaklike kerkbyeenkomste nie...

Daar is nie juis tekste in die Bybel wat praat van gemaklike sitplekke of goeie sang en musiek en boeiende prediking nie...  Tog is dit waartoe baie gelowiges in ons tyd hulle Christenskap reduseer. 

In ons dag het ons die klem daarop om die mense te kry om te kom (na ons 'goeie' byeenkomste) toe.  Jesus het die klem gehad daarop dat ons alles moet agterlaat en moet gaan na diegene wat nog nie in die oes opgeneem is nie (en die wil van God doen)...


Roger Tohman se boekie oor huiskerke is hier gratis beskikbaar: http://www.simplechurchrevolotion.com/.  

Thursday, 3 March 2016

Selfbeeld?

My indruk is dat gelowiges nie altyd mooi weet wat om van hulleself te dink nie.                                           831 woorde

Die sielkundiges leer ons baie oor selfbeeld.  Die Bybel leer ons is na God se beeld en gelykenis geskape.  Die Bybel leer ook - en ons weet dit almal - daar was 'n sondeval.  Die Bybel leer verder - en ons weet dit ook almal - dat Jesus Christus gekom het om die werke van die duiwel te verbreek (1 Johannes 3:8).  

Die Bybel leer ook wat God oor ons se nadat Jesus gekom en die werke van die duiwel onder ons verbreek het.  Dit het 'n monumentale invloed op selfbeeld.  Lees bietjie hier:  

1   God het jou lief (1 Tessalonisense 1:4).  
2   Jy is uitverkies, heilig en blaamloos voor God (Efesiers 1:4).
3   Jy het wedergeboorte as 'n geskenk ontvang (1 Petrus 1:3).
4   Jy is 'n nuwe skepsel in Christus (2 Korinthiers 5:17).
5   Die sluier wat jou insig bedek het, is deur Christus verwyder (2 Korinthiers 3:14).
6   Jy is nie meer 'n slaaf van sonde nie - jou ou mens is dood (Romeine 6:6).  
7   Jy is bevry van die wet van die sonde en die dood (Romeine 8:2).
8   Jesus het jou vrygemaak om waarlik vry te wees (Galasiers 5:1).
9  Jy is nie meer 'n slaaf nie, maar 'n seun en erfgenaam (Galasiers 4:7).
10 Jy het 'n onbesmette, onverwelkbare en onverganklike erfenis (1 Petrus 1:4).
11 Jy is 'n mede-erfgemaam van Christus (Romeine 8:17).
12 Jy is geregverdig en verlos (Romeine 3:24).
13 Jy is 'n kind van God (Johannes 1:12).
14 God sal jou nie verdoem nie (Romeine 8:1).
15 God het jou uitgekies en daarom is jy geliefd en heilig (Kolossense 3:12).
16 Jy was voorheen die ene duisternis, nou is jy lig (Efesiers 5:8).
17 Jy het direkte toegang tot God deur jou geloof in Christus (Efesiers 3:12).
18 Jy is geroep om 'n saint te wees (1 Korinthiers 1:2; Efesiers 1:1; Filippense 1:1).
19 Jy is verlos en vergewe deur God se gunsbetoning/genade (Efesiers 1:7).
20 Christus het jou aanvaar (Romeine 15:7).
21 Jy is 'n tak van die Ware Wynstok (Johannes 15:1-5).
22 Jesus noem jou sy vriend (Johannes 15:15).
23 Jesus nou jou ook sy broer (Hebreers 2:11-12).
24 Christus woon in jou (Efesiers 3:17; Kolossense 2:27; 2 Korinthiers 13:5).
25 Die Heilige Gees woon onafebroke [abiding] in jou (1 Johannes 2:27).
26 Jesus en God die Vader woon in jou (Johannes 14:23).
27 Jy is een in gees met God die Vader (1 Korinthiers 6:17).
28 God laat jou altyd triomfeer in Christus (2 Korinthiers 2:14).
29 Jy het alles wat jy nodig het om te lewe en om Hom te dien (1 Petrus 1:3).
30 Jy het wysheid, geregtigheid, heiligheid en verlossing (1 Korinthiers 1:30).
31 Jy is die geregtigheid van God die Vader in Christus (2 Korinthiers 5:17).
32 Jy is in eenheid met almal wat in Christus Jesus is (Galasiers 3:28).
33 Jy is met al die hemelse seeninge geseen (Efesiers 1:3).
34 Jy is bestem om 'n erfporsie van God te ontvang (Efesiers 1:11).
35 Jy is deur die Heilige Gees as God se eindom verseel (Efesiers 1:13).
36 Jy is lewendig gemaak saam met Christus (Efesiers 2:4-5).
37 Jy het, soos Christus. 'n plek in die hemel (Efesiers 2:6).
38 In Christus is jy deur God herskape om goeie dinge te doen (Efesiers 2:10).
39 Jy is naby aan God gebring deur die bloed van Christus (Efesiers 2:13).
40 Jy is deel van die Liggaam van Christus (Efesiers 3:6; Efesiers 5:30).
41 Jou nuwe self(beeld!) is beklee met geregtigheid en heiligheid (Efesiers 4:24).
42 Jy is 'n burger van die hemel (Filippense 3:20).
43 Die vrede van God bewaar jou gedagtes en jou hart (Filippense 4:7).
44 God voorsien in al jou behoeftes [needs] (Filippense 4:19).
45 Jy is saam met Christus uit die dood opgewek (Kolossense 3:1).
46 Jou (nuwe) lewe is in Christus versteek vir God (Kolossense 3:3).
47 Jy sal (nog!) in die heerlikheid van die opgestane Christus deel (Kolossense 3:4).
48 Jy het deel aan die goddelike natuur (2 Petrus 1:4).
49 Jy het die volheid van God in jou deur Christus Jesus (Kolossense 2:10).
50 Jou liggaam is die tempel van die Heilige Gees (1 Korinthiers 6:19).
51 Jy word met 'n nuwe verbond aan God verbind (Hebreers 8:10-13).
52 Jou sterwe is wins (Filippensie 1:21).


Dis vir my duidelik ons as gelowiges mag nie iets anders oor onsself dink en se wat wat God oor ons in die Bybel gese het nie.Wanneer ons so oor onsself begin dink en se wat God oor ons gese het nadat Jesus Christus ons met God die Vader versoen het (en dit glo en so begin optree!), word ons selfbeeld (dalkies net!) na Sybeeld in ons verander.  Soos Hy ons aanvanklik geskape het: na sy beeld en sy gelykenis.  

Ons behoort nie uit ons selfbeeld te lewe nie.  Ons moet uit en na Sybeeld toe lewe.