Thursday, 20 April 2017

Hou op

Hou op.  
568 woorde

Dis die Dokter se instruksie.

In Lukas 13:1 word daarvan vertel dat Pilatus mense se  'bloed met hulle offers' gemeng het.  Dit beteken Pilatus het hulle laat doodmaak waar hulle geoffer het.  Sodoende is hulle bloed met die van hulle offers gemeng.  Jesus dui egter aan dat hulle - omdat hulle so gely het - nie groter sondaars as ander was nie.  Hy gaan ook verder deur te verduidelik dat die 18 wat deur die toring by Siloam doodgeval is, nie skuldiger is as ander nie (Lukas 13:3).  

In Lukas 13:6-9 vertel Hy dan die gelykenis van die tuinier wat by die eienaar gepleit het om die onvrugbare vyeboom nog een jaar kans te gee om vrugte te dra.  As dit dan nie - na ekstra kunsmis en goeie sorg - nie sy kant bring nie, sal hy dit uitkap soos die eienaar beveel het.  

Hierdie gelykenis - lyk dit my - het Jesus gebruik om te leer dat almal 'ewe skuldig' is.  

En daarom is die remedie vir almal ook dieselfde - as almal hulle nie bekeer (metanoeo - dink anders; heroorweeg; berou; bekeer) nie,  "... sal julle almal net so omkom" (apollumi = vernietig word; doodgaan; sterf; vergaan; omkom)   (Lukas 13:5).  

Hou op met die verkeerde dinge.  

Doen die regte dinge.  

Jesus is duidelik die Tuinier wat by die Eienaar (God die Vader) pleit om uitstel.  Hy was juis toe met sy dienswerk besig om vir die volk Israel (die vyeboom) meer kunsmis en water (inligting oor hulle bekering) te gee - in die hoop dat hulle anders sal begin dink (as om deur wetsonderhouding gered te kan word).

Saggeus was 'n ryk tollenaar. Hy het met greed gesukkel.  Jesus het by hom gaan eet.  Sy reaksie was dat hy viervoudig teruggee wat hy onbehoorlik geneem het.  Die sonde wat vir Saggeus ondergkey het, was greed.  Toe hy in Jesus se teenwoordigheid kom, het hy dit laat staan.  

En nie 'n  'sondaarsgebed'  gebid nie. En daarna soos gewoonlik met sy gewone greed-rinvested lewe voortgegaan nie. 

Hy het gedoen wat die wet voorgeskryf het.  Hy was immers nog onder die wet.  Restitusie. Hy het teruggegee wat hy onregmatig geneem het.  

Saggeus het opgehou om greedy te wees.  Dis al.

Jesus se reaksie daarop is verstommend:  "Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom" (Lukas 19:9).  

Redding kom vir die hele huishouding as die hoof daarvan anders begin dink (homself bekeer van die verkeerde greed soos in Saggeus se geval) en dan die regte ding doen. 

Die vrou wat op owerspel betrap is het die doodstraf in die oog gestaar (Johannes 8:1-11). 

Jesus het haar beskuldigers beskaamd weggestuur en haar vrygespreek.  

Sy het ook nie eers 'n sondaarsgebed gebid nie.  

Ons weet nie eers of sy opgehou het met owerspel nie. 

Nogtans is dit duidelik wat Jesus verwag het:  Hou op daarmee.  Dis al.

Wanneer jy uitvind wat verkeerd is in jou lewensstyl - dws wat nie pleasing is to God nie - wees sorry enough to stop.  Dis 'n besluit wat koning Dawid geneem - en uitgevoer het - lees bietjie 1 Konings 1:1-4 - veral vers 4...  

Dawid was ook sorry enough to stop. Sy geskiedenis toon aan dat jy nie weer moord gepleeg het nie en ook nie owerspel nie.  Hy het daarmee opgehou.

En hy is die enigste persoon in die OT wat bekend geword het as 'n man na God's hart...








No comments:

Post a Comment