Friday, 14 April 2017

Opstandingsondag

Die (eerste) dag van die Here... 
462 woorde

Hier volg 'n paar  'goeie'  tekste vir jou wat met opstandingsondag oordink kan word:

Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe (Johannes 11:25). 

Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee.  En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.  En na sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn (Matteus 27:50-53).

... as die dode nie opgewerk word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore...  Maar nou, Christus is opgewerk uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het... Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.  Want soos ons almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word (1 Korinthiers 15:16-22).

En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterlikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.  Dood, waar is jou angel?  Doderyk, waar is jou oorwinning? (1 Korinthiers 15:54-55).

As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie neer sterf nie.  Die dood heers oor Hom nie meer nie.  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.  Wie is dit wat veroordeel?  Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree (Romeine 6:8-11).

Geseend is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd (1 Petrus 1:3-5).

Dis geen wonder nie, dat Jesus se volgelinge die dag waarop Hy uit die dood opgestaan het,  'die dag van die Here'  genoem het nie...  

Ons kan dit gerus ook (weer) begin doen...







No comments:

Post a Comment