530 woorde
Jou vooraf(eind)bestemming is om net soos Jesus te wees.
So - Jesus het dit so aan Nikodemus verduidelik (Johannes 3:3): "... as iemand nie weer gebore word nie, kan jy die koninkryk van God nie sien nie."
anothem = van bo af; opnuut; weer; van die heel eerste begin af
genao = voortplang [spesifiek van die vader se kant af]; wedergebore; verwerk; voortbring; ontvang; swanger word; delivered
Wanneer jy dan so opnuut van Bo af verwek is, [dan] word God jou Vader "... en julle sal vir My seunes (huios) en dogters (thugater) wees, spreek die Here, die Almagtige." Dan - wanneer jy 'n seun of dogter van God die Vader is - is jy Jesus Christus se broer. Hy noem jou dan ook self so to Hy met Maria gepraat het na sy opstanding (Johannes 20:17): "Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God."
Kortweg? Wanneer jy dan 'n seun of dogter van God is, en Jesus Christus se broer of suster, dan is jy inderdaad 'n nuwe skepsel (en nie meer 'n mere mortal nie?)... Lees bietjie hier (2 Korinthiers 5:17): "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."
kainos = nuwe; vars
ktisis = formering; skepping; kreatuur
Een van die bekende en ingrypende veranderinge wat dan plaasvind, is dat jou gelykvormigheid aan hierdie wereld drasties begin verander "... deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is" (Romeine 12:2).
anakainosis
= vernuwing; opknapping; herstel)
nous
= intellke; gevoel; wil; betekenis; begrip; gedagte; denke; gemoed; denkgees),
dokimazo
= toets; bewys; onderskei; ondersoek/eksamineer)
agathos
= goed; voordelig
euarestos
= aanvaarde; welgevallige; fully
agreeable; wellpleasing
teleios
= volwaardige; complete
in moral and mental character; completeness; volwasse [full age];
perfekte wil
thelema
= determinasie; keuse;
doel; dekreet; wil; wens; inklinasie; begeerte; pleasure)
Kortweg?
'n Seun of dogter van God se denke, wil en gevoel kan - en moet! - verander om in
staat te wees om op te lyn met die aanvaarde, welgevallige wil van God
insake die volwaardige morele inklinasies en wense wat vir God
vreugde verskaf… Wanneer jy denke, wil en gevoel in ooreenstemming kom met die van God - nou ook jou Vader deur Jesus Christus - dan is die logiese gevolg daarvan dat jy al meer en meer soos Jesus gaan dink, voel en wil - en doen...
Dit werk so (1 Petrus 1:23): "... julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly."
Wanneer jy God die Vader se seun of dogter is, is jy uit God se Saad gebore - en dit (sy woord - en jy dus daarmee saam) hou vir ewig. Soos Jesus ook vir ewig hou...
Dus is jou vooraf(eind)bestemming om soos Jesus Christus te wees. Hier. Nou al. En hierna. Sonder ophou. Ewigdurend...
No comments:
Post a Comment