709 woorde
Hierdie ses tronkselle is leeg. Hier is ses dinge wat die Bybel duidelik leer waarvan Jesus ons bevry het:
Jou denke is bevry
"Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer. Dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wereld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevalige en volmaakte wil van God is' (Romeine 12:1-2).
Jy is van ongeloof bevry
"Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang" (Hebreers 11:1-2).
Jesus het jou van siekte en sonde bevry
"Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos die van 'n arend" (Psalm 103:2-5).
"... Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droe groed. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een die wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte - die het Hy gedra; maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel: die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom" (Jesaja 53:2-5).
En Petrus (1 Petrus 2:24) sluit by Jesaja se uitspraak aan wanneer hy daarop wys dat Jesus "... self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is".
Jesus het jou van die ewige dood vrygemaak
"Net soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan he. Want so lief het God die wereld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, doat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan he. Want God het sy Seun in die wereld gestuur nie om die wereld te veroordeel nie, maar dat die werekd deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat Hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie" (Johannes 3:14-18).
Kortweg?
Vernuwe jou denke so:
geloof bewys wat jy nog nie kan sien nie; dws
geloof is die bewys dat Jesus jou krankhede gedra het (jy hoef dus nie siekte te verdra nie),
geloof is die bewys dat Hy jou sonde op Hom geneem het (jy word dus nie meer daarvoor gestraf nie en jy hoef nie meer sonde te doen nie),
geloof is die bewys Hy jou vrygemaak het van die komende ewige dood.
Dis bevryding! Dis ook wat dit beteken om gered te wees: dit beteken jy is van hierdie dinge gered (ongeloof, verkeerde denke, siekte, sonde, en die ewige dood).