551 woorde
Houding en motivering
Houding en motivering
Maar
pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne
roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk
tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom
goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan
geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte
nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur
gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken (Matteus 7:15-20).
Jesus het hierdie uitspraak gemaak as kommentaar op die leer en lewe van die Fariseers. Tegelykertyd het dit ook vooruitgewys na die patrone van ordelike gedrag binne die koninkryk van God. Die soeke na hierdie patrone van ordelike gedrag volgens die Bybel het my gelei na die NT-boeke van Romeine tot Judas. Hier volg die resultate - vir selfondersoek na die heilige lewe wat vir ons Hemelse Vader aangenaam is. Soos volg:
Houding
Want
hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in
die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan
die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself
verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis (Filippense
2:5-8).
Baie kerkmense (kom ons praat maar liewer nie oor die wereldlinge nie) het egter 'n ander houding: min neem die gestalte van 'n dienskneg aan - wel van 'n baas. Min verdra vernedering, never mind om hulleself te verneder. Nog minder skyn bereid te wees om hulleself vrywilliglik en onregverdiglik te laat doodmaak ter wille van ander...
Motivering
Onthou
dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens
my evangelie (2 Timotius 2:8). Laat ons die belydenis van die
hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou (Hebreeërs
10:23). 1Co 10:31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen,
doen alles tot verheerliking van God (1 Korinthiërs 10:31). En wat julle ook al doen, doen dit van harte
soos vir die Here en nie vir mense nie (Kolossense 3:23).
Min kerkmense wat ek ken doen alles wat hulle doen van harte asof vir die Here (om maar een van die bogenoemde uitsprake te neem) - baie doen baie dinge ter wille van iets of iemand anders...
Min kerkmense wat ek ken doen alles wat hulle doen van harte asof vir die Here (om maar een van die bogenoemde uitsprake te neem) - baie doen baie dinge ter wille van iets of iemand anders...
Want
ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God,
‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. Want om hierdie
rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oork sal word
nie. Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons
liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die
lewe verslind kan word. Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is
God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. Daarom het ons altyd
goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here
uitwoon. Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie. Maar
ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die
Here in te woon. Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of
uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees (2 Korinthiërs 5:1-9).
Sjoe! Baie kerkmense wat ek ken doen baie moeite vir die tentwoning - so asof hulle nie uitsig het op die ewige hemelwoning nie.
Sjoe! Baie kerkmense wat ek ken doen baie moeite vir die tentwoning - so asof hulle nie uitsig het op die ewige hemelwoning nie.
Aan
Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek
voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser,
kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid!
Amen (Judas 1:24-25).
Inderdaad - al die lof kom Hom toe. Dit is Hy wat baie kerkmense van struikeling bewaar sodat hulle met gejuig die hiernamaalse kan binnegaan...
Uiteindelik is dit God wat ons lewens in die hiermaalse beoordeel. En Hy soek vrugte wat by ons belydenis pas. En mens kan selfs nie eers vir mense ore aansit nie - hulle kom agter jy is nie 'n vyeboom nie (al verkondig jy dit oor jouself), maar 'n doringboom, want jy bring nie vye voort nie...
En God se oordeel is beter - en foutloser - as mense s'n... So - ons moet weer bietjie kyk na die vrugte wat ons dra - en dan voortbring wat vir Hom aanneemlik is.

No comments:
Post a Comment