Hou op.
568 woorde
Dis die Dokter se instruksie.
In Lukas 13:1 word daarvan vertel dat Pilatus mense se 'bloed met hulle offers' gemeng het. Dit beteken Pilatus het hulle laat doodmaak waar hulle geoffer het. Sodoende is hulle bloed met die van hulle offers gemeng. Jesus dui egter aan dat hulle - omdat hulle so gely het - nie groter sondaars as ander was nie. Hy gaan ook verder deur te verduidelik dat die 18 wat deur die toring by Siloam doodgeval is, nie skuldiger is as ander nie (Lukas 13:3).
In Lukas 13:6-9 vertel Hy dan die gelykenis van die tuinier wat by die eienaar gepleit het om die onvrugbare vyeboom nog een jaar kans te gee om vrugte te dra. As dit dan nie - na ekstra kunsmis en goeie sorg - nie sy kant bring nie, sal hy dit uitkap soos die eienaar beveel het.
Hierdie gelykenis - lyk dit my - het Jesus gebruik om te leer dat almal 'ewe skuldig' is.
En daarom is die remedie vir almal ook dieselfde - as almal hulle nie bekeer (metanoeo - dink anders; heroorweeg; berou; bekeer) nie, "... sal julle almal net so omkom" (apollumi = vernietig word; doodgaan; sterf; vergaan; omkom) (Lukas 13:5).
Hou op met die verkeerde dinge.
Doen die regte dinge.
Jesus is duidelik die Tuinier wat by die Eienaar (God die Vader) pleit om uitstel. Hy was juis toe met sy dienswerk besig om vir die volk Israel (die vyeboom) meer kunsmis en water (inligting oor hulle bekering) te gee - in die hoop dat hulle anders sal begin dink (as om deur wetsonderhouding gered te kan word).
Saggeus was 'n ryk tollenaar. Hy het met greed gesukkel. Jesus het by hom gaan eet. Sy reaksie was dat hy viervoudig teruggee wat hy onbehoorlik geneem het. Die sonde wat vir Saggeus ondergkey het, was greed. Toe hy in Jesus se teenwoordigheid kom, het hy dit laat staan.
En nie 'n 'sondaarsgebed' gebid nie. En daarna soos gewoonlik met sy gewone greed-rinvested lewe voortgegaan nie.
Hy het gedoen wat die wet voorgeskryf het. Hy was immers nog onder die wet. Restitusie. Hy het teruggegee wat hy onregmatig geneem het.
Saggeus het opgehou om greedy te wees. Dis al.
Jesus se reaksie daarop is verstommend: "Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom" (Lukas 19:9).
Redding kom vir die hele huishouding as die hoof daarvan anders begin dink (homself bekeer van die verkeerde greed soos in Saggeus se geval) en dan die regte ding doen.
Die vrou wat op owerspel betrap is het die doodstraf in die oog gestaar (Johannes 8:1-11).
Jesus het haar beskuldigers beskaamd weggestuur en haar vrygespreek.
Sy het ook nie eers 'n sondaarsgebed gebid nie.
Ons weet nie eers of sy opgehou het met owerspel nie.
Nogtans is dit duidelik wat Jesus verwag het: Hou op daarmee. Dis al.
Wanneer jy uitvind wat verkeerd is in jou lewensstyl - dws wat nie pleasing is to God nie - wees sorry enough to stop. Dis 'n besluit wat koning Dawid geneem - en uitgevoer het - lees bietjie 1 Konings 1:1-4 - veral vers 4...
Dawid was ook sorry enough to stop. Sy geskiedenis toon aan dat jy nie weer moord gepleeg het nie en ook nie owerspel nie. Hy het daarmee opgehou.
En hy is die enigste persoon in die OT wat bekend geword het as 'n man na God's hart...
Thursday, 20 April 2017
Friday, 14 April 2017
Opstandingsondag
Die (eerste) dag van die Here...
462 woorde
Hier volg 'n paar 'goeie' tekste vir jou wat met opstandingsondag oordink kan word:
Jesus sĂȘ vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe (Johannes 11:25).
Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En na sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn (Matteus 27:50-53).
... as die dode nie opgewerk word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore... Maar nou, Christus is opgewerk uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het... Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens. Want soos ons almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word (1 Korinthiers 15:16-22).
En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterlikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? (1 Korinthiers 15:54-55).
As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie neer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree (Romeine 6:8-11).
Geseend is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd (1 Petrus 1:3-5).
Dis geen wonder nie, dat Jesus se volgelinge die dag waarop Hy uit die dood opgestaan het, 'die dag van die Here' genoem het nie...
Ons kan dit gerus ook (weer) begin doen...

Subscribe to:
Posts (Atom)