Jesus het Homself in die Twaalf gedupliseer en aan hulle opdrag gegee om dissipels te gaan maak. 'n Dissipel is iemand wat dissipels maak wat dissipels maak wat dissipels maak... (= voortdurende selfduplisering).
Hierdie dissipelmakingmetode gee uitstekende resultate - self in sogenaamde 'toe-lande' waar die verspreiding van die evangelie verbode is. Om die waarheid te praat: hierdie metode is juis in so 'n land ontwerp en word daar - en baie ander plekke - effektief toegepas.
Vir meer besonderhede, gaan loer gerus bietjie in by T4T-Online. Hierdie inhoud is daarop gebaseer. Met dank aan Wybrand wat my voorstelling daarvan so professioneel omgebou het soos wat jy dit hier sien.