Die eerste paragraaf (Toe) kom uit 1 Korinthiers 14:26-40). Dis 'n beskrywing van hoe die samekoms van gelowiges Toe gebeur het. Jy ken dit. Wat jy dalk ook - soos ek - misgelees het, is vers 37... Die tweede paragraaf (Nou) is saamgestel deur Rusty Entrikin. Ek ken hom nie. Maar wat hy skryf, het my - op die minste baie onrustig... want niks daarvan staan iewers in die hele Bybel nie... en tog is dit wat Nou in kerke gebeur...
Toe (die NT wyse van die byeenkoms van gelowiges)
"Hoe staan die saak dan? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n openbaring of 'n uitlegging - laat alles tot stigting geskied. En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitleêr is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe: want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heliges. Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek. Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom? As iemand meen dat jy 'n profeer of geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is. Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly. Daarom broers, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan" (1 Korinthiers 14:26-40).
Dis die bevele (entole = odrag; outoritêre voorskrif; bevel; gebod) van die Here insake hoe ons byeenkomste moet wees...
Nou (die wyse waarop gelowiges vandag byeenkomste hou)
'How is it then, brethern? When ye come togehter, the pastor hath a doctrine, and the minister of munic hath psalms. Let all things be done unto worship. If anyone besides the pastor hath a doctine, let him not speak; let him hold his peace. Let him sit in the pew, and face the back of the neck of the person which sitteth ahead of him. Let the people keep silence in the churches; for it is not permitted unto them to speak; but they are commanded to be under obedience, as also saith church tradition. But if they will learn anything, let them ask their pastor after the service, for it is a shame for a layman to speak in the church. For the pastor, he hath a seminary degree, and the layman, he hath not so lofty a degree. If any man desire to remain a church member in good standing, let him acknowledge that what I write to you is the command of the denominational headquarters. But is any man ignore this, he shall be promptly escorted out the door by the ushers. Wherefore, brothers, covet not to speak in the church. Let all things be done decently and in the order in which it hath been written in the church bulletin'.
Waar kom hierdie manier van byeenkomste dan vandaan? Daar is nie voorbeelde of opdragte in die Bybel hiervoor nie...
Thursday, 27 October 2016
Thursday, 20 October 2016
Opstanding
Opstanding
588 woorde
Verlede week het Wessel se familie en vriende sy oorskot vir die laaste keer op hierdie aarde gegroet..
Sy sterwe het my opnuut laat fokus op wat die Bybel leer wat na die dood vir ons wag.
Dis natuurlik die opstanding uit die dood.
In Hebreers 9:27 staan daar geskrywe die mense is bestem (apokeinai = voorbehou; wag; weggesit; bestem) om een maal te sterwe en daarna volg die oordeel (krisis = tribunaal; geregtigheid deur middel van die goddelike wet; beskuldiging; veroordeling; verdoemenis; oordeel).
Almal staan op uit die dood: sommige vir die ewige tweede dood (Openbaring 20:14; Openbaring 21:8) en ander vir die ewige lewe (Matteus 19:29; Markus 10:30; Johannes 3:16; Johannes 6:40).
Daar is nie enige ander alternatief nie. Na ons biologiese dood volg (een of ander tyd) ons ewige (tweede) dood of ons ewige lewe.
Daar is nie uitkomkans nie: jy lewe, jy sterwe, en dan word jou lewe deur God geoordeel. En sy oordeel is finaal. Daar is geen appel moontlik nie. Nooit nie.
Die Bybel leer baie dinge aangaande die opstanding van die gelowige mens tot die ewige lewe... Hier is 'n paar sulke uitsprake:
Die opstanding van die gelowige dooies gebeur wanneer Christus weer kom (1 Korinthiers 15:23). Dit is ons natuurlike (biologiese) liggaam wat sterwe, en dit is 'n bonatuurlike (geestelike) liggaam wat opgewek word (1 Korinthiers 15:44).
Die heerlikheid (doxa = waardigheid; eer; heerlikheid) van die aardse biologiese liggaam verskil van die heerlikheid van die ewige hemelse liggaam (1 Korinthiers 15:40).
Die aardse lewe is verganklik (phthora = verval; ondergang; korrupsie; vernietig; vergaan), die hemelse lewe is ewigdurend (aphtharsia = onverganklikheid; oneindigende bestaan; opregtheid; egtheid; onverganklikheid) (1 Korinthiers 15:42).
Die biologies lewe word gekenmerk deur swakheid (asthenia = swakheid van liggaam en gees; kwale; morele swakheid; siekte) , die opgewekte lewe word gekenmerk deur krag (dunamis = wonderwerkende krag; vermoe; oorvloed; mag; krag) (1 Korinthiers 15:43).
Die aardse stoflike mens dra die beeld (eikon = gelykenis; standbeeld; verteenwoordiging; ooreenkoms) van die aardse (choikos = stowwerige; vuilerige [siel]; aardse) en die ewige hemelse mens dra die beeld (eikon) van die ewige hemelse (epouranios = bokant die lug; hemelse) (1 Korinthiers 1:49).
Vir diegene wat nog biologies lewendig is sal hierdie oorgang van die aardse tydelike na die hemelse ewige plaasvind vinniger as 'n oogwink (1 Korinthiers 15:52). In 'n atomos ('n oomblik van tyd; onverdeelbare oomblik; moment).
God sal dan die gelowiges se thnetos (aanspreeklikheid om te sterf; sterflikheid), verander na athanasia (doodloosheid; onsterflikheid) (1 Korinthiers 15:54). Dan word die dood (thanatos) ingesluk en verteer en verdrink (katapino) deur die nikos (oorwinning; verowering; oorwinning).
So vernietig God dan die kentron (prik; prikkel skerp punt; angel) van die dood vir die dissipels van Jesus Christus.
Dit verwys na die komende opstanding van die afgestorwe gelowiges. Hierdie is 'n oorwinning wat aan die gelowiges geskenk word deur Kurios (die Here; die Meester; God; Oppergesagdraer; hoogste in krag; Kontroleerder; Christus).
Wessel het klaar op hierdie aarde gelewe. Sy verwisseling van die tydelike met die ewige is afgehandel. Vir altyd. Die oordeel van God wag vir hom. Ons lewe nou nog. Ons afsterwe wag iewers in die toekoms vir ons (tensy ons deel word van die oombliveranderdes). Hoe dit ookal sy - ons tyd vir beoordeling deur God wag ons ook af. Soos vir Wessel.
Die belangrikste vraag vir elkeen van ons - vir tyd en ewigheid - is: Waar plaas God se oordeel jou? In die ewige dood of in die ewige lewe?
Die Bybel leer mens hoe ons nou reeds kan weet.

Subscribe to:
Posts (Atom)