Jesus word in elke boek van die Bybel vooropgestel (so vertel hierdie 9-jarige seuntjie - in minder as 4 minute...):
In Genesis word Hy voorgestel as versteek in die saad van die vrou
In Eksodus is Hy voorgestel as die komende Paaslam
In Levitikus as ons komende Hoe Priester
Numerie sien hom in die Wolkollom in die dag en in Pilaar van Vuur in die nag
In Deuteronomium is Hy vooruit sigbaar as die Profeet soos Moses
Josua stel Hom voor as die Kaptein van ons Verlossing
In Rigters is Hy voorgestel as ons Regter en Wetgewer
In Rut is Hy ons famlieLosser
In 1 en 2 Samuel is Hy ons betroubare Profeet
Konings en Kronieke stel Hom voor as ons Koning wat regeer
In Esra en Nehemia is Hy die Herbouer van die gebroke mure van ons menslike lewe
In Esther is Hy ons Mordegai
Job stel Hom voor as ons ewiglewende Verlosser
In die Psalms is Hy ons Herder
Spreuke en Prediker stel Hom voor as Wysheid waarna ons kan opsien
In die Hooglied van Salomo is Hy die Bruidegom wat ons liefhet
Jesaja beeld Hom uit as die Prins van Vrede
In Jeremia is Hy die Regverdige Een
Die Klaagiedere van Jeremia maak Hom tot ons Wenende Profeet
In Esegiel die ViergesigEngel
In Daniel verskyn Hy as die vierde Man in die vuuroond
Hosea sien in Hom die Getroue Bruidegom vir die voortdurende backsliding bruid
Joel voorspel Hom as die Doper met die Vuur van die Heilige Gees
In Amos is Hy ons Lasdraer
Obadja wys Hy is Magtig om ons te red
In Jona is Hy die Groot Sendeling na die Buitelanders (nie-Jode) toe
In Miga die Boodskapper van God
In Nahum die wreker van God se geregtigheid
In Habakkuk is Hy God se evangelisasieoproep: Herleef U werke op aarde!
Sefanja wys Hom uit as ons Redder
Haggai wys Hy is die Hersteller van God se erfenis
In Sagaria is Hy die Fontein van Dawid wat oopgebreek word teen sonde en onreinheid
Maleagi is Hy die Seun van Geregtigheid, wat opstaan met genesing in sy vlerke
In Matteus is Hy bekendgestel as die Koning van die Jode
In Markus is Hy bekendgestel as die Dienskneg
In Lukas is Hy bekendgestel as die Seun van die Mens (wat voel wat jy voel)
In Johannes is Hy beskendgestel as die Seun van God
Handelinge beeld Hom uit as die Redder van al die volke van die hele wereld
Romeine beeld Hom uit as die Geregtigheid van God die Vader
In 1 Korinthiers word Hy bekendgestel as die Rots
In 2 Korinthiers word Hy bekendgestel as die Oorwinnaar
In Galasiers word Hy bekendgestel as die Bevryder
In Efesiers word Hy bekendgestel as die Hoof van die ekklesia
In Filippense word Hy bekendgestel as die Vreugdegewer
In Kolossense word Hy bekendgestel as Alles wat jy nodig het
In 1 en 2 Tessalonissense word Hy bekendgestel as jou Hoop
In 1 Tomotius is Hy bekendgestel as jou Geloofgewer
In 2 Timotius is Hy bekendgestel as jou Stabiliseerder
In Filemon is Hy bekendgestel as jou Bevoordeler
In Titus is Hy bekendgestel as die Waarheid
In Hebreers is Hy bekendgestel as jou Perfeksie
In Jakobus is Hy bekendgestel as die Krag agter jou geloof
In 1 Petrus is Hy bekendgestel as jou Voorbeeld
In 2 Petrus is Hy bekendgestel as jou Reinheid
In 1 Johannes is Hy bekendgestel as jou Lewe
In 2 Johannes is Hy bekendgestel as die Patroon wat jy moet volg
In 3 Johannes is Hy bekendgestel as jou Motivering
In Judas is Hy bekendgestel as die Fondasie van jou geloof
In Openbaring is Hy bekendgestel as jou Koming wat weer kom.
...en dan voeg die seuntjie by...
Hy is die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde
Hy is die Onderhouer van die Skepping en die Skepper van alles
Hy is die Argitek van die heelal en die Bestuurder van alle tye
Hy was altyd daar, Hy sal altyd bestaan
Onbeweeglik, Onveranderlik, Onoorwinbaar - en kan nooit oorwin word nie
Hy is gegesel en het daarmee genesing bewerk
Hy is vervolg en het vryheid van die wet en van die sonde vir ons bewerk
Hy is doodgemaak en Hy het vir ons Lewe gebring
Hy regeer en bring vrede vir ons
Die wereldlinge kan Hom nie verstaan nie
Weermagte kan Hom nie verslaan nie
Skole kan Hom nie verklaar nie
Die wereldleiers kan Hom nie ignoreer nie.
Herodus kon Hom nie doodmaak nie
Die Fariseers kon Hom nie verwar nie
Nero kon Hom nie vergruis nie
Niemand kan Hom vervang nie -
en Oprah kan Hom nie wegverduidelik nie...
Hy is Lewe, Liefde, Lewenslange Lewe. Onsterflik, Goedheid, Vriendelikheid,
Hy is Heilig, Regverdig, Magtig, Kragtig,
Sy weg is reg en sy woord is ewigdurend.
Hy is my Verlosser
Hy is my God
Hy is my Vreugde en my Troos
Hy is my HERE en Hy regeer oor my lewe.
En ek wonder hoe sal die wereld rondom ons verander wanneer ons, die gelowiges, hierdie uitsprake laat grondvat elke plek waar ons kom en gaan... voor die Alfa kom om die omega van hierdie bedeling te aktiveer..
Luister na die seun hier:
Jack Stockton. 5 December 2010. Jesus throughout the Bible. Salem Lutheran Church.
https://www.youtube.com/watch?v=OhVrcV6WmfQ
Thursday, 8 November 2018
Thursday, 12 July 2018
Bloedlynvloeke
Bloedlynvloeke 788 woorde
In Deuteronomium 5:7-10 staat geskrywe: "Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou."
Die verbod (geen) in vers 7 is 'n absolute verbod. In Hebreeus is dit lo (geen; geeneen; nooit). Geen gesnede beeld maak nie, is eweneens met lo verbied. Jy mag nie voor hulle neerbuig nie en hulle nie dien nie, is ook albei met die absolute verbod, lo, verbied. Die rede daarvoor volg: dit is avon (sonde; perversiteit; morele boosheid).
Indien iemand dit doen, word sodanige oortreding tot in die derde en vierde nageslag met straf deur God opgevolg.
Geleerdes het dit mettertyd benoem as bloedlynvloeke.
Die boek Deueronomium is volgens die interne verwysings in die boek self, geskryf in 1428 vC.
Sowat 800 jaar later (afgerond) profeteer Jeremia en Esegiel - en wat hulle skryf in hierdie verband, lees soos volg: "En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE. In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word." (Jeremia 31:28-30). In die boek van Esegiel (18:2-4) - word dieselfde gedagte soos volg beskryf: "Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie. Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe."
Dis duidelik dat albei hierdie profete die sondes van die vaders wat tot aan die vierde nageslag gestraf word, op die uitspraak van die HERE nie meer gehandhaaf het nie. Die HERE het dit verander - elkeen word (nou) vir (net) sy eie avon gestraf.
Dis leersaam om te lees dat hierdie verandering aangekondig is saam met die aankondiging van die koms van die nuwe verbond (Jeremia 31:31-34): "Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie - my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie."
Die koms van die nuwe verbond het die bestaan van bloedynvloeke opgehef. Daar is nie eers voorbeelde van die breking van bloedlynvloeke in die Ou Testament nie. In die Nuwe Testament word daar gladnie eers iets oor geskryf nie.
Dis vir my duidelik God het self die besoeking van tot in die vierde geslag sondes van die vaders (= bloedlynvloeke) opgehef - en elkeen persoonlik aanspreek begin hou vir sy eie avon.
Daarom is dit vir my onduidelik waarom in ons dag mense nog aandag gee aan iets wat die HERE self opgehef het... Galasiers 3:13 se kraguitspraak verwoes enige vloek vir enige van sy volgelinge: "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang..."

Thursday, 7 June 2018
Dink anders
Dink anders 1201 woorde
As jy
liggaamlike genesing van God wil ontvang, moet jy anders begin dink oor
genesing – en aanhou anders dink daaroor.
Jy moet jou denke vernuwe (Romeine 12:2). Wanneer jy anders begin dink oor genesing,
sal jy noodwendig ook anders optree in die verband.
Die Bybel is ook duidelik daaroor dat dit nie
noodwendig die een is wat liggaamlike genesing soek, die gelowige hoef te wees
nie (Jakobus 5:14-16).
Die mense wat liggaamlike genesing ontvang hoef ook nie eers gelowiges te wees nie. Jesus het ook
mense soos die Romeinse soldaat (Matteus 8:5-13) en die Siro-Finiesiese vrou
(Matteus 15:22-28), wat nie eers onder die Ou Verbond gestaan het nie, genees.
'n
Verder - alles en enigiets wat 'n mens van God kan kry, kan jy slegs bekom deur
geloof in Christus Jesus, die Man van Nasaret. Dit is onmoontlik om God te behaag – behalwe
deur geloof. Die Skrif sê immers: “... sonder geloof
is dit onmoontlik om God te behaag...” (Hebreërs 11:6).
Verder
is dit ook so dat, indien jy nie weet wat God se wil oor liggaamlike genesing
is nie, het jy nie iets het om jou geloof op te baseer nie. Voordat jy standvastige geloof kan beoefen
vir jou liggaamlike genesing, moet jy dus eers ontslae raak van enige
onsekerheid aangaande God se wil daaroor.
Anders gestel: toeëiening van geloof vir jou liggaamlike genesing deur
God, is gekopopel aan kennis aangaande God se geopenbaarde wil daaroor.
Die
Bybel leer naamlik duidelik en uitdruklik dat die redding van ons liggaam (dws
liggaamlike genesing), net soos die genesing van ons siel (dws redding), beide
God se wil is. Jesaja 53:5 stel dit
duidelik: “… deur sy wonde het daar vir ons genesing
gekom. Die word bevestig deur 1 Petrus
2:24 waar hy skryf oor Jesus se kruisiging:
“… deur wie se wonde julle genees
is.”
God
doen niks buite om sy woord nie. Al God
se werk is gekoppel aan Sy getrouheid aan sy uitsprake en beloftes. En Hy het onder andere hieroor gesê (Psalm
107:20): “Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en
hulle uit hul kuile red.”
Die
sieke en/of die een wat vir genesing bid, moet eers die saad van die woord van
God in sy hart en gedagtes plant, naamlik die sekere gefoofswete dat dit God se
wil is om hom te genees. 'n Mens kan nie 'n Christen word nie, voordat
hy nie weet dit is God se wil om jou te red nie. Net so kan geen mens liggaamlike genesing van
God ontvang nie, as hy of die een wat gesondheid aan hom bedien, nie glo dit is
God se wil om hom te genees nie.
Daar
is 'n wesenlike verskil tussen wonderwerke en liggaamlike genesings. Wanneer meeste mense aan liggamlike genesing
as God se wil dink, verwar hulle dit dikwels met wonderwerke. 'n Wonderwerk is iets wat onmiddellik
plaasvind. 'n
Genesing is 'n proses.
Wanneer
jy sê 'Ek glo God is in staat om my te
genees' voordat jy die kennis het dat
dit God se wil is om jou te genees, is dit omtrent dieselfde as wanneer 'n boer
sê 'Ek glo God is in staat om vir my 'n
oes te gee sonder dat ek enige saad geplant en dit nagemaak het'. Tog verstaan meeste mense – selfs ongelowiges
– hulle moet eers aanvaar en glo God kan en wil jou siel red en voordat jy nie
God se wil daaroor verstaan nie – want redding is deur geloof – dws deur te
vertrou dat hulle God se wil oor hulle redding ken nie. Liggaamlike genesing werk ook net so: dis
soos om 'gered' te word op 'n
'fisieke' wyse.
Wanneer
jy bid vir genesing met die geloofsvernietigende woorde 'as dit U wil is', dan plant jy nie die saad
nie, jy vernietig die saad. Dit is God
se wil om jou liggaamlik te genees. Die
eerste verbondsNaam wat God gebruik het om Homself aan die Israeliete in die
woestyn bekend te staal is, 'Ek is die Here jou God wat jou genees' (Eksodus
15:26). Heelwat later, toe Jesus die
melaatse genees het (Matteus 8:3) het Hy gesê Hy wil hom genees, en daarmee
weer God se wil vir liggaamlike genesing bevestig.
Die
gelowige gebed wat die sieke genees (Jakobus 5) volg op die plant van
die saad (die woord van God oor genesing) waarop jou geloof gebou is. Dws jy bid nie eers al weet jy nie of
dit gaan werk nie: jy bid juis omdat jy weet dit gaan
werk, want dit is God se wil.
Die
evangelie is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo (Romeine
1:16). En die evangelie is vir alle
skepsels en vir alle volke. Die
evangelie laat mens nie onseker nie – dis duidelik wat God se wil is. Die woorde van die Heilige Gees in Matteus
8:17 aangaande die werk van die Messias (wat 'n bevestiging is van sy uitspraak
in Jesaja 53:3): “… sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die
profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes
gedra...” is net so deel van die evangelie as die uitspraak in 1 Petrus 2:24
wat lui: “… wat self ons sondes in sy liggaam op die
kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid
lewe; deur wie se wonde julle genees is.”
Saad
is kragteloos voordat dit geplant is.
Daarom moet jy nie - wanneer jy siek is nie - sê 'Bid vir my'
nie, Jy moet liewer sê 'Leer my God se woord ( = saad) aangaande
liggaamlike gesondmaking, sodat ek daarmee kan saamwerk vir my genesing'. Jy moet tog eers weet wat die 'voordele'
van Golgota vir jou is voordat jy daarmee kan identifiseer en in geloof
aanneem en dan handel volgens daardie geloof.
Dawid het al (sowat duisend jaar vC) geweet dit is God se wil om ons te
genees. Hy het immers gesê (Psalm 103:2-3): “Loof die HERE, o my siel, en
vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou
ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees...”
Bogenoemde is gebaseer op die uitsprake van die Bybel. Dis waar of dis nie waar nie. Daar is geen aanduiding in die Bybel dat sulke soort genesing 'opgehou' het na Jesus weg is en of nadat die Twaalf almal oorlede is nie. Inteendeel, daar is baie en duidelike skriftelike rekord dat dit voortgesit is tot in die vierde eeu nC. Prof Hennie Stander se navorsing hieroor (Die buitengewone gawes van die Heilige Gees die eerste vier eeue na Christus) het die dokumentasie daarvan opgespoor en neergeskryf. Dit staan vas.
Die vraag is: wat maak jy daarmee?
Sover ek kon vasstel is daar geen uitdruklike verbod op die
gebruik van medikasie in die NT nie. Daar
is wel baie en voorbeelde van genesings deur Jesus en sy volgelinge – sonder medikasie.
Die vraag is: wat maak jy daarmee? Waarom gebruik ons dan nie wat Jesus vir ons
voorsien het nie?
Sal dit help om anders daaroor te begin dink? Dan sal ons dalk
mettertyd anders doen.
Sunday, 11 March 2018
Geroep en Gestuur
Geroep en Gestuur 770 woorde
'n Tyd gelede het daar baie apostels hulle verskyning begin maak op die kerk like akker. Dis dalk nodig om ook te kyk na die woord apostel as 'n funksiewoord, nie (net as) 'n naamwoord nie.
Die volgelinge van Jesus is almal gestuurdes. Gestuur om die hele wereld in te gaan, die ander etniese groepe (ethnos) Jesus se volgelinge (dissipels) te maak, hulle te leer alles wat Hy ons geleer het, en om hulle te doop in die Naam van die Vader, die Seun en die Helige Gees. Wanneer ons DIT doen, het ons die versekering van Jesus self ontvang dat Hy met ons is - tot die einde van die aarde (Matteus 28:19-20). Dis 'n bevel.
Ons het nie 'n keuse nie. Dis hoe ons wys ons volg Hom.
My lewe lank is ek deur die leiers van die kerkmense geleer mens het 'n roeping van God nodig om 'n prediker te word. Jy kan nie sommer net besluit om 'n predikant te word soos mens (blykbaar wel!) sommer self kan besluit op 'n boer of 'n onderwyser te word, nie. Jy moet geroep word. Deur God self. Dan gaan studeer jy hoe om dit te doen. Wanneer 'n bestaande gemeente jou dan beroep (be-roep - let op die woordjie roep wat van roeping af kom), is dit 'n bevestiging dat God jou geroep het. So is ek geleer. En dis eintlik net die predikers wat mag preek. Want hulle is geroep om dit te doen.
Daar is egter in die NT ook uitspreake wat dit bietjie anders uitbeeld.
Dit klink eerder vir my asof almal wat gelowiges is, gestuur word. Deur God. Ons het nie 'n keuse nie. Wanneer jy bely jy is 'n gelowige,word jy gestuur om iets daaromtrent te doen. En dis God wat jou stuur. Jy kan dus nie juis Nee se nie...
Hy roep jou wel op tot geloof; "Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag". (Joh 6:44).
En wanneer jy glo, stuur Hy jou... (Matteus 28:19-20).
Lees nou bietjie hier oor die woord apostel:
"En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels (mathetes = leerling; leerder; afgevaardig met wondermag) na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels (apostelos = afgevaardigde; ambassadeur van die evangelie; boodskapper; een wat gestuur is) genoem het..." (Lukas 6:13).
Kortweg?
Jesus self het sy volgelinge (leerlinge) gestuurde afgevaardigdes genoem.
Hy het nie 'n amp op hulle bestel nie. Hy het vir hulle 'n funksie gegee om uit te voer. Wanneer jy gestuur word deur jou baas/Baas - hy/Hy vaardig jou af om namens hom/Hom op te tree), is dit gewoonlik om iets namens hom/Hom te gaan doen. Dis juis op grond van die amp van jou baas/Baas wat jy die opdrag uitvoer en waarom die ontvanger van die boodskap jou en die boodskap wat jy dra, aanvaar of verwerp. Dis waarom Jesus gese het as hulle julle verwerp, verwerp hulle My (Lukas 10:16).
Die apostels het goed verstaan hulle is gestuurdes - en nie ampsbekleers nie.
Lees maar in die briewe wat hulle skryf: In Romeine 1:1 beskryf Paulus homself as 'n dienskneg (doulos = slaaf) wat deur Christus geroep (kletos = uitgenooi = invited) is om eksklusief eenkant gesit te word, afgesonder en begrens te word vir die evangelie van God. Net so beskryf hy homself ook in die brief aan die Galasiers (1:1) - as 'n gestuurde (apostolos) deur God en nie deur mense nie. So noem hy homself ook in die eerste en tweede briewe aan die gemeentes in Korinte (1 en 2 Korinthiers 1:1). So ook in die briewe aan Efese, Kolosse en 1 en 2 Timoteus en so ook in 1 en 2 Petrus noem die skrywers hulleself gestuurdes (apostolos) wat eenkant afgesonder en gestuur is om hierdie goeie boodskap oor die wereld te verspei. Met hierdie insig het hulle ook uitvoering gegee aan Jesus se finale opdrag (Matteus 28:19-20; Markus 16:15).
Jesus stuur sy volgelinge om iets(e) te gaan doen. Jy is sy volgeling? Dan is jy (ook) gestuur, dws 'n apostolos. En wat jy moet doen is om die boodskap wat Hy aarde toe gebring het, oor die lengte en breedte van die aarde te gaan versprei.
Met denke, woorde en dade. Nes die predikers...
Jy het nie 'n amp daarvoor ontvang nie - jy het 'n opdrag ontvang wat jy moet uitvoer. Jou werk as Sy volgeling is om aan Hom gehoorsaam te wees. Gehoorsaamheid is die doel.
Die woord apostel is 'n funksiewoord, nie 'n naamwoord nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)