"Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar
Geloof wat deur liefde oorgaan tot dade.
Dis die GPS vir diegene wat in Christus is. So staan dit geskrywe in God se woord.
Wanneer ek dit lees, besef ek my sonde is so groot...dit groei nes 'n wilde loot wat uit my hart uitgespruit het.
Dit benadeel my verhouding met God en met my naaste. Eeue oue truuks: geld, seks, trots en verkeerde lewendoelwitte.
Ons teenstander het al vir Adam en Eva met trots (ons sal self besluit wat is reg en verkeerd) gepooitjie.
Sedertdien het ons teenstaander sy sluheid opgeknap en uitgebrei. Te veel geld of te min geld. Te veel seks of te min seks. Te hoogmoedig of te minderwaardig. En elkeen besluit self (in ongehoorsaamheid aan God se doelstellings vir ons lewens) wat sy doelwitte op hierdie aarde sal wees.
Dan beween ek my skuld voor God.
Want, te midde van hoe groot my sonde is, het Hy my nog al die tyd met liefde versorg en met sy guns omvou - al het Hy geweet toe die wilde loot nog maar 'n kiemplantjie in my hart was.
En toe dit uitgespruit het en ek dit wegggesteek het met skynheiligheid.
Maar selfs al ween ek voor God oor my sondeskuld, bly die wilde loot nog uit my hart groei en bloei... Ek kom agter ek is eintlik in my wese die wilde loot.
Maar nogtans hou Hy aan na my gekyk deur die versoenverdiensste wat Jesus vir my bewerk het... en Hy behandel my asof ek Jesus is. Asof ek (ook) sy seun is (2 Korinthiers 6:18).
En omdat Hy, omdat Hy my liefhet en my selfs nie in verleentheid wil bring nie, nie my sondige skynheiligheid openbaar maak nie, dink ek maklik ek is OK (en die manier hoe ek self besluit het oor geld en seks en trots en die doelwitte wat ek self uitgedink het, is die regte en goeies...) - met my sondigheid en skynheiligheid en al...
Al het ek geweet die volgende staan in God se woord opgeteken: "Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood" (Spreuke 14:12), het ek nog my eie kop gevolg oor geld en seks en trots en my lewensdoelwitte.
Die Bybel noem dit sonde. Opstand teen God.
Nogtans hou God my vas. Hy gaan voort om my met goedheid en guns te oorlaai. Dis liefde. Hy het my lief. Of ek sondig of nie.
Al wat dan oorbly vir my is om in skaamte my kop te laat sak.
En vergifnis te vra vir diegene wat ek met my besluite oor geld, seks, trots en verkeerde doelwitte benadeel het. En dan te bid. En vir God ook te vra om my te vergewe. En dan ophou met wat verkeerd is volgens God se woord en ophou om my naaste te benadeel.
En dan glo ek ek is deur my naaste wat ek benadeel het, vergewe. En ek glo dat God my vergewe het. Hy se immers as ek vergifnis vra, gee Hy dit en dan dink Hy nooit weer aan my sonde nie (Hebreers 8:12; 10:17).
Dan kan ek (en my naaste wat ek benadeel het) ook nooit weer daaraan dink nie. En dan kan ons voortgaan om mekaar te behandel asof die benadeling nooit plaasgevind het nie. Dis wat vergifnis is.
Sodoende kom die dood uit my gedrag tot 'n einde en kom die lewe uit my gedrag na vore (Romeine 6:21). En sefs hierdie ophou kan ek nie uit myself regkry nie. Die manier hoe ek kies om dit te doen is net so futiel soos my keuses oor geld, seks, trots en my lewensdoelwitte.
Om te kan ophou, het ek Hom ook nodig. Om my hele lewe oor te neem. Sodat Hy en sy wil deur my hier op aarde kan grondvat.
Wanneer ek vra, gee Hy my sy Heilige Gees. Sy Gees help my. Sodat ek van vooraf begin
met Geloof wat deur Liefde tot goeie Dade oorgaan (Galasiers 5:6).
Dan is my GPS (weer) reg ingestel en die batterye (weer) reg gelaai.
Maar is dit nie goedkoop genade nie?