Thursday, 1 June 2017

Die Profete...

Die Profete...

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede (Hand 2:42).

Meeste geleerdes stem saam dat  ‘die leer van die apostels’ waarskynlik gebaseer is op die toespraak van Petrus op Pinksterdag. 

Didache (Die Onderwysing van die apostels) is sowat 100 nC saamgestel. Die Onderwysing is deur die eerste Christene saamgestel toe die apostels begin afsterf het.  Die doel was om wat hulle geleer het, te bewaar.

Interessante onderwysings wat dit oordra, sluit die volgende in (in Hoofstuk 11, aangaande die profete).  Hier volg my  ‘vryer’ vertaling van Hoofstuk 11:

Die ware en vals profete kan herken word op grond van hulle gedrag (ways).

Die profete wat die dinge van die voorafgaande 10 hoofstukke leer, mag jy ontvang.  Sonie mag jy hom nie na hom luister nie en hom ook nie ontvang nie.  Wanneer hy julle egter leer om toe te neem in geregtigheid en die kennis van die Here, moet julle hom ontvang asof hy die Here self is. 

Wanneer die profeet langer as een dag oorbly by julle, is hy ‘n vals profeet.  Indien daar behoefte voor is kan hy twee dae oorbly, maar wanneer hy vir drie dae lank oorbly, is hy ‘n vals profeet.

Wanneer die profeet vertrek, moet julle vir hom niks meer gee nie as wat hy nodig het vir sy reis tot by sy eersvolgende bestemming.  As hy vir geld vra, is hy ‘n vals profeet.  Julle mag nie ‘n profeet wat in die Gees spreek, ondersoek (test) nie – dis ‘n sonde wat onvergeeflik is.  Tog moet julle weet dat nie elkeen wat in die Gees spreek, ‘n profeet is nie, dis slegs diegene wat die weg van die Here naleef (en in die Gees spreek, wat waarlik profete is).

‘n Profeet wat ‘n ete (table) beveel onder leiding van die Gees, mag nie self daarvan eet nie.  As hy dit wel doen, is hy ‘n vals profeet

Elke profeet wat die waarheid leer maar self nie doen wat hy leer nie, is ‘n vals profeet.

Wie ookal in die Gees se julle moet vir hom silwer of enigiets anders gee, moet julle nie na luister nie  Wanneer hulle egter vra julle moet gee ter wille van ander wat in die nood is, moet julle hom nie teegaan nie.







Jy kry die volledige teks van Die Onderwysing hier op die Internet:  https://jesus.org.uk/sites/default/files/media/documents/books/others/didache.pdf